Algemene Inligting

Wie is ons?

Ons is ‘n voorstedelike gemeente, bestaande uit sowat 2800 lidmate. Omgee vir mekaar en vir ander mense is vir ons belangrik en ons strewe daarna om binne die gemeente en eredienste sodanige atmosfeer te skep.

NG Nelspruit Suid kerkgebou 850px

 

Visie

Wees ligdraers van God!

Missie

Nelspruit-Suid wil by uitstek ’n lewende gemeente wees wat die wonderbare Lig weerspieël en in die naam van Jesus Christus, gedring deur die Heilige Gees, die Alomteenwoordige God verheerlik.

Kultuur in die gemeente

Ons is voortdurend besig om die volgende kultuur in die gemeente te kweek:

Koninkryk – Dit gaan nie net oor die gemeente nie, maar lidmate moet ten alle tye ‘n Koninkryksvisie hê. Dit beteken dat ons leef na buite dat waar ons gaan, moet ons ‘n verskil maak.

Ligdraers – Ons is Ligdraers en binne die gemeente word elkeen toegerus sodat hulle in die wêreld Ligdraers vir God kan wees.

Omgee – Dis vir ons belangrik om om te gee vir mekaar. Hierdeur word ons ook Jesus se hande en voete en leef ons die Evangelie prakties uit.

Gasvry – Dit is waar dat mense sê: “First belong, the believe”. Met die beginsel wil ons in so mate gasvry wees, dat elkeen wat die gemeente besoek, gasvryheid ervaar. Ons vertrou dat die gasvryheid ‘n verskil in hulle geloofslewe sal maak

    Eredienste

    08:30 – Erediens in die Kerkgebou

    Jeug (Junior en Senior) – 08:30 – Kom eers in Kerkgebou byeen en word later tydens die diens uitgestuur na hulle onderskeie bedieningspunte.

    Kleuters (3-5jaar) – Gaan dadelik na die Lapa toe en kom nie in die kerk bymekaar nie   

    Junior Jeug (Gr 1-6) – 08:30-10:00 in Kerksaal

    Senior Jeug (Gr 7-11) – 08:30-10:15 in Koinonia Sentrum

     

    Kontakbesonderhede

    Inligting is onder die menu-skakel “Kontak ons”

     

    Leraars en Personeel

    Inligting is onder die menu-skakel “Kontak ons”

     

    Fisiese Adres

    Inligting is onder die menu-skakel “Kontak ons”

    Bankbesonderhede

    ABSA Bank Rekeningnaam:
    NG Kerk Nelspruit-Suid
    Rek nr: 1070 580 051
    Takkode: 334 252

    Volg ons op Facebook

    Argief…