Welkom by Nelspruit Suid!

Nelspruit-Suid is ‘n tipiese voorstedelike gemeente met sowat 2800 lidmate. Die gemeente word tans bedien deur 2 voltydse leraars, Dr Jean Strydom en Ds Louis Pienaar, en ‘n diensleraar, Ds Lisa van der Merwe. Gasvryheid en Omgee is vir ons ‘n prioriteit. Ons het ‘n gemaklike bedieningstyl wat nie tradisioneel is nie, maar ook nie charismaties nie. Ons musiekstyl is kontemporêr-klassiek. Kinders is vir ons belangrik en daarom doen ons moeite met die kinder -en jeugbediening binne die gemeente. Binne die gemeente is daar verskeie platforms waardeur jy toegerus kan word om ‘n LIGDRAER VAN GOD te wees.

Neem vrymoedigheid om met ons in verbinding te tree – ons het ‘n aanlyn kontak-vorm beskikbaar.

Besoek ook ons Facebook blad en klik op die “Like” knoppie om op hoogte van gemeentenuus te bly.

Kliek hier vir ons Instagram

Nogmaals welkom!

Ons Kultuur is vir ons belangrik

Vorms & Inligting

Midweek Boodskap

Gebeure in die gemeente

Video Bybelstudiereeks (Kolossense)

Video Bybelstudiereekse – Youtube kanaal (Kliek hier)