Hierdie week se boodskap

 

 

Tema: God die Vader in jou nuwe lewe

Skriflesing: Psalm 139:1-18

Boodskap:

Al is dit nog sommige dae koud, is die lente defnitief in die lug. Verskeie bome het al botsels aan en die Koraal- en bome is al vol blomme. Oral begin die tekens van nuwe lewe wys. Nuwe lewe na die winter.

Die Bybel kom leer ons dat God die bron van lewe is. God die Vader is ook die bron van nuwe lewe. Verskeie tekste in die Bybel roep ons op om ‘n nuwe lewe te begin leef. Want sonde het ons lewens kom vertroebel en daarom het ons nodig om elke dag vernuwe te word. Elke dag te kies om God toe te laat om ons lewens te kom nuut maak.

“Lewe as nuwe mense wat as beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.” Efesiërs 4:24

Psalm 139 kom leer ons dat God ons elkeen besonders geskep het en ook hoe verstommend goed God ons elkeen ken. Hy ken ons so goed dat nog voordat ons aan iets kan dink, weet God reeds wat dit gaan wees. God sien dwarsdeur ons. Hy weet alles van ons af wat dit is God wat ons elkeen geskep het.
Ja, God het my nie net fisies geskep nie; Hy het nie net bepaal hoe my gelaatstrekke ens. gaan lyk nie. Nee, God het ook toe Hy ons geskep het aan elkeen bepaalde talente en gawes gegee. Hy het ook van voor ons geboorte af al ‘n plan met ons elkeen se lewens gehad. ‘n Doel met ons elkeen. Ja, God het vir ons elkeen groot en wonderlike drome gehad toe Hy ons geskep het. Drome wat Hy graag wil hê ons moet verwesenlik.

‘n Nuwe lewe in die Vader is dus dan om eerstens weer opnuut te ontdek wie my geskep het en hoe die Vader my geskep het. Ons elkeen is uniek net soos wat ons vingerafdrukke uniek is. ‘n Nuwe Lewe is op nuut te ontdek hoe lief God ons elkeen het en te antwoord op daardie liefde. ‘n Nuwe lewe begin dus deur opnuut te besef wie God die Vader is en om my eie uniekheid te omhels.

‘n Nuwe lewe beteken dus nie my gawes en talente en persoonlikheid gaan verander nie. Dit beteken egter dat ek opnuut nadink oor hoe ek my unieke menswees so kan uitleef, so my gawes en talente aanwend, dat die Vader daar deur verheerlik word en Sy koninkryk uitbrei word.

Nog ‘n belangrike aspek van ‘n nuwe lewe in die Vader is om beheer van ons lewens oor te gee in die hand van die Vader. Ons moet God die Vader toelaat om ons lewens verder te vorm. Net soos wat ‘n Pottebakker besig is om die klei te vorm, so is God gedurig besig om ons elkeen se lewens te vorm sodat dit al hoe meer na Sy beeld kan lyk.

“Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei doen het nie, Israel? Vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.” Jeremia 18:6

Kom ons kies vandag opnuut om ‘n nuwe lewe in God die Vader te leef.

 

Gebed:
Dankie Vader dat U my uniek gemaak het en dat U my in U hart uitgedroom het. Dankie dat U my help om meer en meer te vernuwe sodat my lewe al hoe meer U beeld sal vertoon. Here, U is die pottebakker en ek is die klei. Kom vorm my na U wil. Amen

Klik op die twee skakels hieronder  om na die gepaste liedere te luister wat met hierdie boodskap saamgaan

https://youtu.be/pV06ec7mpy4

https://youtu.be/tKf6gTh1GsA

Klik hier om na die volledige boodskap te luister.

Knie-Aksie

Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.

  • Ria Lourens
  • Marie Pretorius
  • Annatjie Minnaar
  • Ciska Le Roux
  • Phyllis Meyer
  • Elize Steenkamp

Bid asb vir lidmate wat tans in die hospitaal is:-

  • Deon ( familielid van Zelda en Vernon Paul )
  • Ronel Botha

 

Hervatting van eredienste by die kerkgebou

Dankie vir almal se geduld en verstaan die afgelope paar maande.

Eredienste hervat vanaf Sondag 13 September 2020
Let asseblief net mooi op die volgende:

Eredienste is beperk tot ‘n maksimun van 50 persone per diens.
U moet asseblief by die Kerkkantoor bespreek om ‘n Erediens te mag bywoon.
Neem in ag dat u tydens die diens ‘n masker gaan moet dra en dat Covid-19 protokolle wat gevolg moet word.
Ongelukkig laat die regulasies nog nie gemeentesang en koffie/tee na die tyd toe nie.
Kleuterkerk, Kinderkerk en Jeugdienste sal eers op ‘n latere stadium hervat kan word.

Dankie vir almal se samewerking en geduld in die verband.