7 Februarie 2018
Boodskap vir die week
Teks: Eksodus 3 & Johannes 8:58
Tema: Ek is
Boodskap: Kom ek begin sommer deur vir jou te vra: “Wie is jy?” Jy sal baie lank kan praat oor die onderwerp, sommige sal nie veel te sê hê nie, want hulle weet nie regtig wie hulle is nie. As jy iemand se naam hoor, dan kan jy vir my waarskynlik baie vertel oor daardie person. Dus kan ons die afleiding maak dat daar baie in ‘n naam vasgevat is. Sommige ouers gee vir hulle kinders name met besondere betekenis, met die hoop dat hulle daardie betekenisvolle naam gestand sal doen.
In Eksodus 3:14 kom gee God vir ons die eerste keer in die Bybel Sy naam as Hy vir Moses sê “Ek is”. God gee vir Moses die opdrag op die Israeliete te gaan verlos uit Egipte, maar Hy moet vir hulle sê “Ek is” het hom gestuur. As ons mooi na die naam kyk dan beteken dit “volledig” of “om te wees”. Dit sê vir ons dat God volledig is. Hy is gister en vandag en more dieselfde. Hy verander nie met tyd soos ons nie. Die belangrike is dat Hy ook vir jou sal wees. Hy sal vir jou wees wat jy nodig het.
Hy was vir Israel ‘n wolkkolom, ‘n vuurkolom en voorsiener van kos en water in die woestyn. Hy is die voorsiener van die Verlosser Jesus Christus vir jou. Hy is alles vir jou. Hy is genoeg vir jou. Hy wil graag vir jou wees wat jy nodig het sodat Hy verheerlik word deur jou lewe. Hy is!
Gebed: Vader dankie dat U volledig is, dat U genoeg is vir my en dat U vir my sal wees wat ek nodig het. Amen
Eredienste
- 08:30 – Oggenddiens
- 18:00 – Koinonia byeenkoms
Pastorie te koop
Jong Volwasse selgroep
Is jy dalk ‘n jong avontuurlistige volwassene in hierdie wilde woeste wêreld? Is jy opsoek na ‘n plek waar jy net kan behoort?
By die jong volwasse selgroep kom dié wat klaar met skool en onder 30 is bymekaar om vriende te maak en om saam met ander – wat dieselfde dink – te praat oor God se Woord. Natuurlik kuier ons saam met mekaar en saam met die Here.
Join ons op Dinsdae aande om 18:30 in die lapa by die kerk. Kontak Johan Koen 082 393 2944.
Bybelskool
Bybelskool word gerun op ‘n “vir die tieners – van die tieners” basis. So is jy dalk tussen die ouderdom van 13 en 18? Hier is vir jou ‘n geleentheid om te hoor wat die Here sê en om ook jou insette te lewer tussen mense wat na jou gaan luister.
1 Timoteus 4:12 en 14 sê: “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ‘n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.” “Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie…”
Juventas
Ons nooi al die Gr. 1-6 ouers uit om op Donderdae aande hulle kinders Lapa toe te bring om saam te kom speel, die Here te loof en Prys en te hoor wat sê die Bybel.
Ons wil ook Juventas se veiligheid opskerp, daarom vra ons elke ouer om die kinders te registreer sodat julle kan weet dat julle kinders veilig is.
Dit is so belangrik dat ons die kinders leer van Jesus want Hy het self gesê “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” (Lukas 18:16)
Kinder en Kleuterkerk
Daar sal daar vanaf Sondag elke week Kinder en Kleuterkerk sal wees. Ons sal ook die “Ek is” – reeks volg.
Iets vir fietsryers
NG Middelburg-Suid loods ‘n projek om fondse in te samel vir Uitreike. Dalk is JY lus om deel te neem?
Groete & seënwense,
Jean, Louis & Johan
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.