Hierdie week se boodskap
Tema: Jesus Christus kan lig bring in die donkerste situasie
Teks: Johannes 20:1-18
Boodskap:
Meeste van ons het al deur uitdagende, selfs donker tye in ons lewens gegaan. Miskien is dit al lankal terug of miskien is dit iets wat nog vars in jou geheue is. Dalk is jy tans midde in moeilike, uitdagende omstandighede.
Paastyd, word deur meeste kerke oor die eeue heen gesien as ‘n heilige naweek. Die gebeurtenis wat die geskiedenis van die Skepping, nie net die Wêreld nie, vir ewig verander het nie.
Opstanding Sondag is die hoogtepunt van Christene se Paasviering. Hierdie is die belangrikste bevestiging van die mees kritiekste gebeurtenis vir enige Christen. Dink vir ‘n oomblik wat se invloed dit op ons geloof sou gehad het indien Jesus Christus nooit uit die dood uit opgestaan het nie?
Maar Goeie Vrydag en Paasnaweek se aanloop was defnitief nie goed of wonderlik gewees nie. Allermins. Ook was dit menslik gesproke, nie defnitief dat hierdie Vrydag wat verby is, voortaan as Goeie Vrydag sou bekend staan nie.
As ons mooi dink aan alles wat gebeur het voor en tydens die Kruisgebeure, dan begin ons eers besef waarom die dissipels so verlore gevoel het. Waarom hulle nie geweet het wat om te doen nie. Vir hulle was dit nie so vansprekend dat Hy uit die dood sou opstaan nie. Daar was ‘n kans, maar soos die ure verby getik het, het hoop al hoe minder geword.
Ons kan met redelike sekerheid aflei dat hulle plat geslaan was deur Jesus se kruisiging en Sy dood. Hulle het gedink dat dit die einde was van Jesus Christus en van hulle wat Hom getrou gevolg het. Ons lees in verskeie plekke in die Evangelies dat die dissipels nie verstaan het wat Jesus presies bedoel het nie. Hulle het ook maar gedink dat Jesus se Koninkryk hier op aarde gaan wees. Eweskielik maak gebeure vir hulle glad nie sin nie. Hulle het nie vir seker geweet dat Hy wel uit die dood sou opstaan nie. Vir die dissipels was dit een van die uitdaagendste en donkerste tye in hulle lewe.
Maar toe hulle gedink het daar is geen hoop meer nie. Toe hulle gevoel het dat daar geen uitkoms meer is nie, toe verander die donkerste naweek in die mees uitsonderlike naweek in die geskiedenis van die wêreld. Ek is seker die dissipels was aanvanklik uit die veld geslaan en verbaas gewees oor hoe wonderlike en uitsonderlike die Kruisgebeure geeindig het.
Dalk voel jy vandag soos die dissipels gevoel het voordat Jesus na Sy opstanding gevoel het. Dalk voel dit vir jou ook of die uitdagings net te veel is. Dalk maak God se plan vir jou lewe ook glad nie sin nie. Dalk verstaan jy nie, net soos die dissipels.
Dalk voel jy ook of daar nie meer uitkoms is nie. Dalk voel jy verlore en doelloos soos wat hulle gevoel het.
Maar hou aan vertrou op Hom wat die dood en die bose oorwin het. Ja, dalk gaan die uitkoms nie wees soos wat jy dit verwag het nie. Dalk gebruik God ook uitdagende gebeure in jou lewe om jou in geloof te laat groei en jou lewe dalk in ‘n nuwe rigting te stuur. Hou aan vertrou op die Here en Sy genade.
Hou styf vas aan God wanneer jy deur uitdagende, donker tye in jou lewe gaan. God is al een wat werklik lig en uitkoms kan bring ook vir jou donkerste en uitdagendste tye.
Gebed: Dankie Here Jesus dat U ook my Verlosser en Saligmaker is. Dankie dat U ook my moeilikste en donkerste tye kan en wil verlig met U teenwoordigheid. Heilige Gees help my om onwrikbaar aan die Vader vas te hou. Veral wanneer ek uitdagende omstandighede in die gesig staar.
Volledige opname van hierdie boodskap, klik hier.
Knie-aksie:
Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
- Hugo Hamilton
- Lettie Myburgh
- Marietjie De Bruin
- Willem Burger
- Baba Bernike Neethling
- Elmien Combrink
- Theuns Hattingh
- Ansie, Kobus en Marietjie Craig se dogter in Australië
Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit