6 September 2017
Welkom my ons Midweek-nuusbriefie wat ten doel het om nuuswaardige brokkies inligting rakende gebeure in ons gemeente met jou te deel.
Mag jy hierdie week geseën word met alles wat jy aanpak.
Boodskap vir die week
Tema: Toegewy aan God
Teks: 2 Kor. 6:14-7:1
Boodskap: Ons sien gereeld voorbeelde van toewyding. Miskien is dit ‘n atleet of ‘n student of werknemer. Die feit dat iemand toegewyd is tot ‘n saak beteken dat daardie persoon die betrokke saak nommer 1 in sy of haar lewe gemaak het.
God vereis ook van Sy kinders om aan Hom toegewy te wees. In ons teksgedeelte stel Paulus dit baie duidelik dat gelowiges nie saam met die wêreld kan span nie. Dit is belangrik dat gelowiges hulself sal “afsonder”, met ander woorde toegewyd sal leef aan God. So baie gelowiges sê dat God die belangrikste in hulle lewe is, maar dit word nie noodwendig in hulle gedrag sigbaar nie.
In 2 Pet 3:10-14 lees ons hoe ons in die lig van die einde van die wêreld wat onverwags soos ‘n dief in die nag kom, toegewyd moet leef aan God. Hoekom? Want ons leef nie vir ewig hier op aarde nie. Jesus is besig om ons plek voor te berei en daarom moet ons toegewyd aan God leef. Joh 17:17, 19…stel dit duidelik…”Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid”…”en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees”. Om dus toegewyd te leef beteken dat ek meer tyd met die Bybel sal deurbring ten einde God se stem te hoor. Joh 16:13…”wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal die van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig.
Om jou toewyding aan God in stand te hou is dit nodig dat die Woord prioriteit in jou lewe is. Hiermee saam sal die Heilige Gees jou help om die Woord aan jou te openbaar en jy die lig vir jou lewenspad vind.
Gebed: Vader en gee myself oor aan U en wil ten volle toegewyd leef aan U. Amen
Eredienste: 10 September
Sondagoggend 08:30
Prediker: Ds. Marius Crausse. Die tema is Om jou volkome aan God te gee. Skriflesing Josua 1:6-7; 3:5
Sondagaand 18:00
Koinonia byeenkoms (Chris Mostert)
Groot gebeurtenis hierdie naweek: Gemeentekamp!
Hierdie naweek is ons gemeentekamp wat by Mankele plaasvind. Die gemeentekamp is vir almal – oud en jonk; ‘n geleentheid wat jy beslis nie moet mis nie!
Ons gaan juksei speel, kook en op die koop toe is daar sommer ‘n lekker vet prys te wen.
As jy belangstel kontak vir Belinda by 0836355480 of stuur ‘n e-pos na bpotgieter@mweb.co.za vir verdere inligting.
Die lidmate wat nie wil kamp nie maar in die huisies wil bly moet self met Mankele reël by 0788010453.
Kom kamp saam!
Huis Betlehem – Gholfdag op 28 September 2017 @ Nelspruit Gholf Klub
Nelspruit-Suid ondersteun altyd Huis Betlehem, daarom dat ons hierdie Gholfdag aan julle bekendstel.
Indien daar iemand is wat hierdie dag wil borg kan u net vir Ann van der Merwe skakel by 060 783 8941 of epos by annvdmerwe@yahoo.com.
Daar sal eersdaags meer inligting rakende hierdie Gholfdag in die midweek verskyn.
Meer volledige inligting oor borgskappe is beskikbaar, laai bloot die dokument af deur op die blou skakel hieronder te klik.
Klik hier om die dokument af te laai
14 Oktober 2017: NG-Suid Dames Tee
NG Suid se Fees-Vrydag: 3 November
Dis Nelspruit-Suid se Fees-Vrydag!
Heerlike saamkuier en natuurlik sal daar baie te koop en te ete wees. Onthou om jou geld vir die groot vleistafel gereed te kry. Vleis teen uiters bekostigbare pryse beskikbaar wees!
Navrae: Dr. Jean Strydom 083 572 4886
Geloofsoffer*
Waar staan ons nou?
*Vriendelike versoek t.o.v. geloofsoffer:
Inbetalings t.o.v die geloofsoffer moet asseblief gespesifiseer word sodat dit korrek geallokeer kan word.
Groete & seënwense,
Jean & Louis
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.