Hierdie week se boodskap

 

 

Tema: “Waag dit om dieper te gaan!”
Esegiël 47:1-12

Boodskap: Die boek Esegiël is vol visioene en in die middel van hierdie visioen van vandag se teksgedeelte, is daar ‘n hulpbron waar sonder ons nie kan leef nie: water. Water is die geheim van ‘n vol geestelike ervaring, Jesus het mos gesê: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei” (John. 7:37-39, vgl. Jes. 58:11).

En dit is soms die simbool wat gebruik word om God se Woord en die Heilige Gees te beskryf. Die Woord van God en die Heilige Gees loop hand aan hand – die Woord aktiveer die Gees en die Woord kan net werk, daar waar die Gees van God aktief is (Gen. 1:2-3).

In Eseg. 47, vertel God vir die profeet om dieper in te gaan in die geestelike waters van God. Kan ek vir jou ‘n vraag vra, vandag? Is jy bang om dieper in God se water te gaan, want jy is bang Hy vra dalk meer van jou, as wat jy bereid is om te gee? Is jou redenasie, dat as jy nie jouself ten volle toewy aan God nie, dan sal jy nie ten volle skuldig bevind word, wanneer jy God se toets druip nie.

Esegiël het ‘n visioen van ‘n rivier gesien, wat sy oorsprong vind vanuit God heiligdom en daardie vloeiende rivier verteenwoordig die krag van die Heilige Gees. Die ware lewe begin by die begin (v.1): Die Bybel sê in John. 1:1 – “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God”. M.a.w., Jesus was die Woord en bly steeds die Woord, Hy is ook die skrywer en perfekte voorbeeld van ons geloof en in Hom het ons ‘n ware begin.

Dis presies waar die “beroep” van ons geloof moet begin. Esegiël sien water wat uitloop vanuit die heiligdom van God, in ander woorde vanuit die hoofingang van die tempel. John. 10:7 sê vir ons Jesus is die ingang, so die verhaal begin by die ingang.

Jy kan nie by God uitkom, as jy nie deur die ingang gaan nie. Jesus is die begin en die ingang is onafskeidbaar vanaf die kruis. Die altaar in Eseg. 47, praat van ‘n offer, en die offer wat gebring was, was die offer van Jesus aan die kruis, waar Hy gesterf het as ‘n volkome versoening vir al ons sondes.

Hoe verder of dieper jy gaan, hoe nader sal jy kom (v.5). Wanneer jy in ‘n diep verhouding met God leef, sal jy dinge sien en ervaar wat jy voorheen gedink het nie moontlik is nie. Die Bybel sê dat die rivier groter en groter geword het dat jy slegs daardeur kon swem, tog was daar geen ander rivier wat in hierdie rivier in gevloei het nie.

Vlak Een: Enkel diepte

Christene in hierdie vlak is nog nie gereed om te swem in die rivier nie, hulle het nog ‘n tekort aan geestelike begrip. Dis normaal vir ‘n drie jarige om in die kleuterskool te wees, maar as jy 13 is, dan gaan mense snaaks na jou begin kyk. Om te groei moet jy die Woord van God lees (sien Jos. 1).

God se eerste afmeting was enkel diepte – om in enkel diepte water te loop verg mos nie baie moeite nie. Die vors van die water teen jou tree wat jy gee is minimaal, jy kan maklik kies om in of uit te klim.

Jy sal luister na alle stemme wat sê wat jy graag wil hoor, elke stem wat jou goed sal laat voel, en wat jou enkel diepte leefstyl en verhouding met God sal regverdig. Jy sal nooit die vreugde ervaar, die vervulling, vertroue en liefde van en vir God nie, want hierdie vlak van minimale toewyding, laat jou eerder meer kere op die wal staan, want dis vir jou veiliger, eerder as om jouself ten volle oor te gee aan die Here.

Jy weier om uit jou gemaksone te kom, jy weier om verder te gaan as wat jy kan sien, jy is soos twyfelende Tomas wat eers moet sien voordat hy kan glo. Jou geloof word nooit geoefen tot op die punt, dat jy vrede het, maak nie saak wat die wêreld na jou kant toe gooi nie.

Vlak Twee: Knie diepte

Die gelowige wat by die vlak is, verstaan die krag van gebede en die krag van die Heilige Gees. Hy of sy bestudeer die Woord van God en sal nie huiwer om met God in gebed te praat nie. Alhoewel knie diepte geloof bietjie meer moeite vra en ‘n dieper toewyding as enkel diepte geloof, is dit steeds redelik maklik om, omgestamp te word uit die water, deur omstandighede wat dieselfde is soos by enkel diepte geloof. Hierdie twee kategorieë van geloof is nie-toegewyd nie.

Vlak Drie: Heup diepte

Op hierdie punt in jou geloofslewe is die water heup diepte en ek wil gou jou aandag fokus op twee dinge: 1) Die heupe is die reproduktiewe of voortplantingsgebied van die anatomie (sien Heb. 7:10) en reproduksie hier, beteken verhoging, m.a.w. reproduseer siele vir Jesus Christus, getuienis aan ander. Die gelowige by knie diepte vlak, verstaan die doktrines van geloof. Hulle verstaan versoening, die genade van God ens.

2) Die heupe is die plek van krag: Die Bybel sê die hand van die Here was op Elija, Hy het sy heupe omgord en voor Agab uitgehardloop na die ingang van Jesreël. Die gelowige by heup diepte waardeer God se krag en groei in hulle geloof en is standvastig.

Vlak vier: Onderdompel/onderwater diepte

By hierdie vlak, is die gelowige heeltemal onderwater. Hierdie is die finale/laaste vlak – die water ondersteun jou, jy gebruik nie jou eie krag nie om deur die water te beweeg nie en jy werk in die volheid van die Heilige Gees. Dit is waar God ons wil hê. Dit is die doel wat God vir alle gelowiges het.

Dis water oor jou kop, jy word onderdompel/deurdrenk in/met die Heilige Gees, jy swem in dit, jy gee jouself geheel en al oor aan God se wil en die vloei van Sy Gees. Dit is op uit jou gemaksone te gaan en al jou dieper in die water te gaan.

Hou jy terug op totale oorgee/toewyding aan Christus, omdat jy bang is jy gaan verdrink? God sal jou nie in die steek laat nie. Hy is getrou, Hy sal jou versorg. Hy is Yawhe-Jireh, die “Here wat voorsien”. Hy gee ons ‘n visie, Hy sal die voorsiening gee, geestelik, finansieel en in ander areas.

Dieper toewyding, dieper wandeling, is om beheer oor te gee aan die Gees, om gelei te word. Dit gaan nie oor jou nie, dit gaan oor God en sy wil vir jou.

By die diepkant is daar algehele transformasie/verandering. As jy nie by die vierde vlak kom nie, sal jou geloof nooit ten volle ontwikkel nie. Jy sal staan op die oewer van die rivier, besig om te kla en te brom oor alles in jou lewe, jy sal die “blame game” speel en almal anders blameer, vir die lot van jou lewe, behalwe jouself – dit als net omdat jy misluk het/nie in staat was om dieper in te gaan nie. Sodoende sal jy nooit werklik verstaan wat God se doel is vir jou nie, jy sal aanhou om te doen wat jy wil, wanneer jy wil, soos wat jy wil – jy sal weier om jouself oor te gee aan die wil van God. Jy sal nooit God se vrede wat alle verstand te bowe gaan, kan ervaar nie.

Geestelike volwassenheid is om by die einde van jouself te kom, en te spring in God se arms. Ons moet gehoorsaam wees aan God se wil. God sê gaan dieper, verloor jouself in My en raak ontslae van jou enkel diepte drome, doelwitte en ambisies en gee jouself oor aan My.

Onthou: Enkel diepte water vra min effort en maak van jou ‘n vlak gelowige. Knie diepte water vra ‘n bietjie meer effort, maar dit is nog steeds gebaseer op jou vermoë en vaardighede. Heup diepte water beteken jy is besig met oefening/opleiding om oor te gaan na die volgende vlak in God. Onderwater vlak behels/vra totaal en al oorgee aan die wil van God.

Jy moet jouself vandag afvra, waar is ek vandag? In die vlak kant? Nog steeds op die oewer? Laat die rivier jou vat na waar ook al die Heilige Gees jou lei. Laat Jesus toe in jou lewe, loop die water in, gaan uit in die diepte. Gaan dieper en dieper. Ek daag jou uit. Sal/gaan jy?

 

 

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, tans in die hospitaal is, die wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
  • Marietjie Craig
  • Andries Esterhuizen
  • Hantie Koch
  • Lidmate wat tans Covid het en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.

 

Katoen Uitreik

Projek van Hoop
Op Saterdag 16 Oktober vind daar weer ‘n Uitreik plaas na Katoen. Katoen is ‘n plot net buite Rocky’s Drift waar hoofsaaklik arm mense gehuisves word.
Indien jy graag iets wil skenk, hier is ‘n lys van behoeftes:
  • Battery ligte wat met krag of Sonkrag herlaai.
  • Kruiwa
  • Tuingereedskap
  • Tuinslang
  • Saad vir Groentetuin.
  • Gereedskap
  • Skroewe, spykers ens.
  • Wol, Materiaal, Garing, Krale
  • Kinderboeke – Veral Kleuterskool en Laerskool.
  • Legkaarte – Kleuterskool en Laerskoolkinders.
  • Skryfbehoeftes
  • Shampoo
  • Kos – Kan grootmaat blikke/houers wees.
  • Vars Groente/Vrugte
  • Saad vir HoendersProjekte word vir die toekoms beplan om inwoners vaardighede te leer asook om infrastruktuur te help verbeter.

 

Indien jy vrae het of op ‘n ander manier wil betrokke raak, kontak Ds Louis Pienaar – 082 878 1743

 

 

 

 

 

Beste wense vir die res van die week!

    Vriendelike groete,
    Jean, Louis en Gerrit