6 Junie 2018


Boodskap

Teks: Filippense 2:1-4 en 1 Korintiërs 12

Boodskap: God het ons as mense geskape met ‘n behoefte aan ander mense. Hy het ons nie geskape om alleen deur hierdie lewe te gaan nie. Hy het ons geskep om deel te wees van die Gemeenskap van die heiliges/gelowiges. In 1 Korintiërs 12 gebruik Paulus die beeld van ‘n liggaam om te verduidelik dat ons as gelowiges onlosmaakbaar deel van mekaar behoort te wees. Net soos elke deel van die liggaam ‘n doel het en ‘n funksie het om te verrig. Wanneer ‘n deel van ons liggame ophou om behoorlik te funksioneer, affekteer dit die hele liggaam.

Soms dink ons iets soos ons kleintoonjie het nie ‘n nut nie, totdat ons ons kleintoontjie baie hard stamp en seermaak. Dan kom ons gou agter hou dit ons funksionering belemmer.
So is dit ook met die Gemeenskap van gelowiges. Die Heilige Gees help om ons te bind tot ‘n eenheid en help ons om te verstaan dat ons mekaar nodig het en in eensgesindheid moet funksioneer. Wanneer sommiges nie hulle plek volstaan nie, beteken dit die Gemeenskap van gelowiges, die kerk, nie behoorlik kan funksioneer nie.

Die Heilige Gees help ons om te besef dat ek minder selfgesentreerd moet leef en meer gereeld onsself moet afvra wat die beste vir die hele geloofsgemeenskap gaan wees.

Ons moet besef dat God ons roep om ‘n aktiewe lidmaat van Sy geloofsgemeenskap te wees.
‘n lidmaat wat die ander lede dien met die gawes, talente en vermoeëns wat God vir my gegee het. Gaan lees weer mooi wat sê 1 Korintiërs 12:7.

Gebed:
Hemelse Vader, dankie dat U ons vir mekaar gee om saam ‘n geloofsgemeenskap te vorm. Hemelse Vader help my om minder te kla en eerder te fokus daarop om die geloofsgemeenskap te dien met die gawes, talente en vermoeëns wat U vir my gegee het.
Amen

 

Seniorbediening

Ons herinner alle seniors van alle ouderdomme om deel te word van die Dinsdagoggende kuier wat om 10:00 by die kerk gehou word. Ons brei, hekel, maak mooi goedjies en kuier heerlik saam. Ons kan ook reël vir vervoer as u nie self tot by die kerk kan kom nie.

Hierdie week se foto wys hoe ons in die wintersonnetjie heerlik sit en brei.

Ons kort nog baie wol as enigeen wil wol skenk; bring saam kerk toe of handig in by die kerkkantoor.

Indien u wil betrokke raak by die seniorbediening, kontak Susan van Huyssteen by 0849642847.

 

Gemeentebediening

Die gemeentebediening het ten doel om diensbaarheid uit te leef deur geleenthede daar te stel om betrokke te raak by ander, welkom te laat voel en gasvryheid te vestig. Ons wil liefde uitleef na buite.

Hier is baie geleenthede om betrokke te raak:

  • Opneem van kollektes. Jy kry slegs twee beurte per jaar
  • Voorbereiding , bediening en opruim met Nagmaal, slegs een maal per jaar
  • Nuwe intrekkers verwelkoming
  • Groet by deure, so dikwels soos u verlang
  • Voorbereiding en skink van tee/koffie na eredienste, jy reël self hoeveel beurte
  • Hulp met gemeentekamp

Kom help ons met ‘n “ek behoort” gevoel te skep in die gemeente!

Raak betrokke! Skakel vir Belinda by 083 635 5480 of stuur ‘n e-pos na bpotgieter@mweb.co.za

Hierdie foto is geneem met Moedersdag waar die gemeentebediening die gemeente met heerlike eetgoed verras het saam met die koffie/tee.

 

Jeugbediening

Juventas

inVia

 

Huis Betlehem Uitreik

Kan jy dalk ‘n handjie bysit?

Saterdag 16 Junie vanaf 10:00-14:00

Daar is verskeie praktiese goedjies waarmee ons Huis Betlehem mee gaan help.

  • Daar is klere en speelgoed wat uitgesorteer moet word.
  • Daar is trapfietse wat herstel moet word.
  • Die tuin kan doen met ‘n paar groen vingers.

Bring ‘n stukkie wors saam om te braai so tussen die werkery deur. Vir meer inligting:

Johan Kok – 084 657 4851 of  Mariaan Lourens – 079 490 5095

Tot volgende week, mooiloop!

Groete & seënwense,

Jean & Louis


Skielik iets onthou om te vra, te reël?

Kontak ons per epos:

Kerkkantoor, Jean, Louis.