Hierdie week se boodskap

 

Tema: Lewe met impak

Teks: Eks. 33:16 en 2 Kor 2:14; 3:6, 18

Boodskap: Moses stel dit baie duidelik aan God dat hulle anders is as al die ander volke, omdat God saam met hulle reis. God se teenwoordigheid maak ‘n verskil in jou lewensreis. Sy teenwoordigheid veroorsaak dat jou eindbestemming eendag anders sal wees, want hy gaan die skape van die bokke skei, Sy teenwoordigheid maak dat jy die gesindheid van Christus het en dat jy eerder God se wil sal soek as jou eie wil. God wil graag saam jou reis sodat Hy deur jou ‘n impak in die wêreld kan maak. Jou bereidheid om ‘n instrument in Sy hand te wees maak die groot verskil. Paulus skryf in 2 Kor. 2:14 dat God deur jou die kennis van Christus soos ‘n aangename versprei. Dit hang dus nie van jou eie ek af nie. God werk deur jou. Hy doen die werk. In 2 Kor. ..3:6 sê Hy ook dat Hy jou reeds bekwaam gemaak het. Weereens kom alles van God af. Die vraag is kan ander Christus in jou lewe sien? Tot watter mate laat jy toe dat God die kennis van Christus soos ‘n aangename geur deur jou versprei? Laat jy ‘n stukkie van God se genade en liefde in mense se lewens agter? Gaan luister gerus na die boodskap om meer te leer oor hierdie onderwerp.
Gebed: Vader dankie dat U bereid is om deur my te werk om die kennis van Christus soos ‘n aangename geur te versprei. Amen

Klik hier om die studiestuk oor hierdie tema af te laai

Klik hier om na ‘n klankbaan van die preek te luister.

 

Jeug

 

 

 

 

Naomigroep – Wol Projek

Die Naomigroep (nuwe naam vir die Seniordames se kuiergroep) brei en hekel elke jaar fluks aan komberse, serpe en musse. Die dames doen handwerk en kuier saam in die konsistorie op Dinsdae van 10:00 tot 12:00. Hierdie handwerk word dan tydens uitreike uitgedeel aan behoeftiges in die omgewing.

Die hoë prys van wol maak hierdie projek egter ‘n uitdaging, aangesien een so ‘n kombers, ongeveer R300 kos.

Die dames het die manne in die gemeente uitgedaag om elkeen ‘n bydrae te maak om wol aan te koop. Want sien, dit werk mos so: die manne sal mos nie help brei- of hekel nie, daarom dan dat hulle vir die wolaankope kan sorg..…en dan sal die dames die res doen.

Baie dankie aan al die manne van SUID wat ruim bygedra het. Die dames het reeds die wol aangekoop en is klaar fluks aan die werk.

 

Koinonia

Sondae om 18:00 vind die Koinonia byeenkoms in die konsistorie plaas. Hier word gesels en gesoek, vanuit die Bybel, na antwoorde op mense se lewensvrae.

Kom skakel gerus in en leer ook so meer van God se Woord.

 

Delf in die Woord

Die Delf in die Woord –groep kom Donderdae om 18:30 in die konsistorie bymekaar. Die groep doen in-diepte Bybelstudie en kuier saam rondom die Woord van God.

Jy word uitgenooi om saam te kom delf in die Bybel.

 

 

 

Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit