Hierdie week se boodskap
Tema: Here, ek is moeg!
Teks: Hebreërs 4
Boodskap:
Een of ander tyd word ons moeg. Een of ander tyd sug ons voor die Here en pleit om rus. Dinge raak soms net te veel. Ons smag na rus! Daar is so baie mense wat in die proses om rus te vind op verskeie afdraaipaadjies gaan om dit te vind. Helaas ontwyk dit hulle want rus is net te vind op een plek of liewer net by een Persoon. Die Hebreërskrywer kom sê vir sy lesers dat ware rus nie deur werke gevind word nie, dit word slegs deur geloof in Jesus Christus (Heb. 4:3) verkry.
Rus is vir God baie belangrik. Hy het dit deel van die skeppingsverhaal gemaak. Reeds in genesis vind ons dat God op die 7e dag, nadat hy alles gemaak het, gerus. Interessant is dat Hy die mens op die sesde dag maak en die eerste dag van die mens se bestaan is ‘n rusdag. Die mens word dus gemaak om vanuit die rus van God te leef.
In Psalm 23 staan daar in geen onduidelike terme dat Hy die een is wat ons rus gee. Die wêreld of enige iets anders sal jou nooit rus kan bied nie. Rus vir jou siel is slegs by God te vind. Jesus het ook in Matt 11:28 gesê: “Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal vir julle rus gee…”
Die wonderlike nuus is dat Heb. 4:1 vir ons sê dat daardie belofte van rus by God steeds van krag is. Jy kan steeds deur geloof in daardie rus ingaan.
Is jy moeg? Is jy moedeloos? Voel dit of dinge te veel raak? Voel dit of jou lewe vir jou geleef word? Dalk is dit vandag (Heb. 4:7) die regte tyd om jou hand in geloof uit te staak na God en Sy rus binne te gaan. Dit is lewensveranderend. Dit gee jou nuwe lewensenergie, want Jesus het juis gekom na hierdie wêreld om vir ons die lewe in oorvloed te gee.
Gebed: Here, ek is moeg. Ek steek my hand in geloof na U toe uit. Neem my lewe en gee vir my die rus waarvan U in die Woord praat. Amen.
Volledige opname van hierdie boodskap, klik hier.
Knie-aksie:
Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
Leon Steenkamp
Hugo Hamilton
Lettie Myburgh
Anette Barnard
Marietjie De Bruin
Willem Burger
Baba Bernike Neethling
Poppie Nel, Veronica Neethling se ma
At en Hannelie Beeslaar se kleinkind, Elmien
Theuns Hattingh
Ansie, Kobus en Marietjie Craig se dogter in Australië
Medelye
Medelye word betoon met Hantie, die drie seuns en familie na die afsterwe van Bart Koch.
Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit