Boodskap vir die week

 

Boodskap: Jesus was passievol oor die Koninkryk van God en het tydens sy 3 jaar bediening op aarde alles probeer doen om die mense bekend te stel aan die Koninkryk. Hy het verskillende gelykenisse gebruik om konsepte van die Koninkryk oor te dra. In hierdie gelykenis kom vertel Hy dat daar een of ander tyd ‘n dag sal kom wat die goeies van die slegtes geskei sal word. Die wat deel vorm van die Koninkryk en die wat nie deel vorm daarvan nie.

In 2 Pet 3:10-14 lees ons hoe hierdie dag onverwag sal wees soos ‘n dief in die nag. Dis nou wanneer die treknet waarvan die gelykenis praat ingetrek word en die visse van mekaar geskei sal word. Jesus sê vir ons op verskeie plekke dat ons moet gereed wees vir daardie dag, ons moet waaksaam wees. Ek en jy moet leef met die gedagte dat die wederkoms enige tyd kan plaasvind. In 2 Pet 3:11 en 14 lees ons “Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom…” en vers 14 “Daarom geliefde, terwyl julle hierdie dinge verwag…”. Dit is dus duidelik dat ek en jy die wederkoms altyd in gedagte moet hou.

Maar as Koninkrykskinders wat die wederkoms verwag, word ons gevra en word daar verwag dat ons op ‘n bepaalde manier sal lewe. 2 Pet 3:11 en 14 help ons hiermee. Vers 11 praat van vroom en aan God toegewy en vers 14 sê beywer julle om vlekkeloos en onberispelik voor God te wees en in vrede met God te lewe. In kort moet ek en jy heilig lewe en ‘n voorbeeld wees vir die mense rondom ons. Wees gereed vir die dag wanneer die treknet ingetrek word en sover jy gaan moet jy mense “intrek” in die Koninkryk.

Gebed: Jesus dankie dat ek U kind kan wees. Help my om te leef met die verwagting van die wederkoms. Help my om ander ook deel te maak van U Koninkryk. Amen.

 

 

VLEISFEES VRYDAG 28 AUGUSTUS 2019

 

 

Die span van Suid nooit jou hartlik uit om te kom saamkuier by die Vleisfees Vrydag 30 Augustus van 13:00 tot laat.

Vleisfees Bybel Vasvrae- Kriptiese Leidrade

Gee die woord wat by die Vleisfees pas en ook ‘n Teksvers wat hierop van toepassing is: 

  • Bak en brou, moenie te lank hierin hou  –
  • Hul maak geen geluid meer –
  • Super-vrou –
  • Soek in die boom – Soet koei onder die afdak –
  • Ek is platsak – 
  • Pluk jou hier, trek jou daar, berge toe! 

 

 

 

 

 

 

 

 

Groete & seënwense,

 

Jean, Louis & Gerrit