27 September 2017
Welkom my ons Midweek-nuusbriefie wat ten doel het om nuuswaardige brokkies inligting rakende gebeure in ons gemeente met jou te deel.
Mag jy hierdie week geseën word met alles wat jy aanpak.
Boodskap vir die week
Teks: Psalm 78
Wanneer laas het jy na ‘n mooi storie geluister wat ‘n effek op jou lewe gehad het? Waaroor het die storie/verhaal gehandel? Mens kry verskillende soorte stories en verhale, maar uit baie van hulle kan ons iets uit leer as ons mooi luister. Ongelukkig leef ons deesdae in ‘n wêreld wat so ingesteld is op die elektroniese media, dat storie vertel ‘n kuns is wat besig is om uit te sterf.
Dink net aan die rol wat stories/verhale vandag nog speel in die lewe van die San (Boesmans). Dis in die aande om die kampvuur dat die kinders lewenswaarhede leer. Die volwassenes leer die kinders deur verhale en stories van normes en waardes en nog vele meer. Dis deur verhale dat kultuur, ons herkoms ook oorgedra word aan ons kinders.
Dit is egter nie net waardes, normes, lewenslesse en kultuur wat oorgedra word deur verhale nie. Ook Geloof word deur verhale oorgedra. In Psalm 78 herinner die skrywer almal aan God se betrokke wees in die lewe van die volk Israel. Die skrywer doen ‘n belangrike ding. Hy praat nie net van die goeie geloofstye nie. Hy vertel eerlik ook van al die kere wat die volk die geloofspad byster geraak het en God elke keer hulle terug bring op die regte pad en hulle vergewe.
Net so is dit belangrik is dit ook dat ons, ons geloofsverhale met ander sal deel. Ons moet ook ander vertel van wat God in ons lewens doen. Ons moet ook eerlik met ons kinders die hoogtepunte maar ook die laagte punte in ons Geloofsreis hier op aarde, deel. Op die manier leer hulle dat God vandag nog ‘n God is wat intens betrokke is by elke gelowige se lewe.
Dan kan Psalm 78:7 waar word: “So sal hulle dan op God vertrou en nie vergeet wat Hy gedoen het nie, maar gehoorsaam wees aan wat Hy bevel het.”
So waarvoor wag jy? Gaan deel so gou as moontlik iets van jou Geloofsreis met jou kinders of van jou familie of vriende.
Gebed:
Hemelse Vader, help ons om ons Geloofsreis ook eerlik met mekaar te deel. Help dat ons mekaar hoop gee deur vir mekaar te vertel van God se genade en liefde. Maak ons oë oop dat ons kan sien dat ons geestelik groei wanneer ons, ons Geloofsreis met ander deel en dat hulle ook daardeur groei
Eredienste
Sondag 1 Oktober
- 08:30 – Oggenddiens
- 18:00 – Koinonia byeenkoms
Helpende Hande
Die gemeente het die afgelope tyd weereens uitgereik na instansies waar kosvoorrade skraps is. Dit sluit onder andere in die Epilepsie Sentrum by Dulstroom, Oranjezicht Ouetehuis en NCF.
Ons sê dankie aan Kobus en Marietjie Craig asook ds. Louis en sy kinders wat die hande en voete van ons gemeente tydens hierdie uitreik was!
Ons verwelkom ons nuwe Jeugwerker!
Welkom aan ons nuwe Jeugwerker, Johan Koen, wat Sondag by ons begin: Johan is ‘n finale jaar teologiese student. Hy het ‘n passie vir Jeugwerk en Sendingwerk.
So terloops, Johan se pa is ook ‘n predikant – in Burgersfort.
Van Midweek se kant: hartlik welkom Johan!
JUVENTAS
Alle Laerskool kinders word genooi na ‘n heerlike Pajamas & Movie aand.
Bring jou popcorn, snacks en koeldrank saam.
WAAR: Kerk se Lapa
DATUM: Donderdag 28 September 2017
TYD: 18:00-20:00
Huis Betlehem – Gholfdag, môre 28 September 2017 @ Nelspruit Gholf Klub
Indien daar iemand is wat hierdie dag wil borg kan u net vir Ann van der Merwe skakel by 060 783 8941 of epos by annvdmerwe@yahoo.com.
Meer volledige inligting oor borgskappe is beskikbaar, laai bloot die dokument af deur op die blou skakel hieronder te klik.
1 Oktober 2017: Senior Lidmate
14 Oktober 2017: NG-Suid Dames Tee
NG Suid se Fees-Vrydag: 3 November
Dis Nelspruit-Suid se Fees-Vrydag!
Heerlike saamkuier en natuurlik sal daar baie te koop en te ete wees. Onthou om jou geld vir die groot vleistafel gereed te kry. Vleis teen uiters bekostigbare pryse beskikbaar wees!
Navrae: Dr. Jean Strydom 083 572 4886
Geloofsoffer*
Waar staan ons nou?
*Vriendelike versoek t.o.v. geloofsoffer:
Inbetalings t.o.v die geloofsoffer moet asseblief gespesifiseer word sodat dit korrek geallokeer kan word.
Groete & seënwense,
Jean & Louis
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.