Hierdie week se boodskap

ie Heiloige Gees verander my.

Teks:  Johannnes 18:15-18; 25-27  Handelinge 2:1-4; 14; 37-41 

Gebeur dit ook met jou dat jy vas oortuig is dat jy hierdie keer gaan reg optree en voor jy jouself kan kry dan het jy weer nie opgetree soos wat Christus van jou verwag nie?

Ek dink ons almal is met tye teleurgesteld in ons self wanneer ons wees spanning of emosie nie optree soos wat ons voorgeneem het om te doen nie.

 Iemand wat ek dink dit maar te goed verstaan het, was die dissipel Petrus. Hy het op ‘n stadium vir Jesus gesê dat al laat almal Hom in die steek, sal hy wat Petrus is, nie Jesus in die steek laat nie. En dan gebeur dit. Petrus faal erg wanneer teenoor slawe en ‘n diensmeisie ontken dat hy Jesus ken.

Gelukkig eindig Petrus se storie nie hier nie. Ons sien wanneer die Heilige Gees uitgestort word en hy toelaat dat die Heilige Gees sy lewe kom verander.

Hy kry die moed en krag om duisende mense op ‘n slag toe te spreek oor sy geloof en oor Christus se verlossingswerk.

Net so wil die Heilige Gees ook graag elkeen van ons se lewens kom nuut maak en ons help om anders te leef. Op verskeie plekke in die Bybel word daar na die Heilige Gees verwys as die Parakleet. Parakleet beteken ‘n spesiale helper wat intree en jou help wanneer jy self nie iets kan reg kry of kan doen nie. ‘ n Parakleet kon ook ‘n advokaat wees wat jou verteenwoordig.  Die Heilige Gees help ons om meer soos Jesus Christus te leef.

“Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”    2 Korintiërs 3:18

Die Griekse woord wat hier met “verander” vertaal is, beteken letterlik metamorfose.

Die Heilige Gees help ons om te verander in vorm en gedrag sodat ons meer gelyk kan word aan die Beeld van Christus. Hierdie is nie ‘n eenmalige proses nie, maar ‘n voortdurende proses.

Een van die foute wat ons baie keer maak is dat ons te veel uit ons eie krag probeer om reg te leef. Ons steun nie genoeg op die Heilige Gees se werk in ons lewens nie.

Verder maak ons die fout dat ons nie die Heilige Gees toe laat om volledig beheer te neem oor elke aspek en verhouding in my lewe nie. Hoe meer ons die Heilige Gees toe laat om ons lewens te kom vul en te verander, hoe meer gaan ons na die voorbeeld van Christus praat en optree. Ongelukkig gee ons baie keer beperkte beheer aan die Heilige Gees.

Kom kies vandag opnuut weer om die Heilige Gees toe te laat om jou hele lewe te kom vol maak met Sy teenwoordigheid.

Gebed:

Dankie dat U die Heilige Gees gestuur het om my spesiale Helper te wees.

Wys my asseblief op watter manier my lewe nog moet verander sodat ek meer aan die beeld van Christus gelyk kan word.

Heilige Gees ek nooi U opnuut uit om my lewe te kom vol maak met ‘n wonderlike heerlikheid.

 

 Vir volledige videoboodskap, klik hier

 

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat ongesteld is, herstel na operasies of tans in die hospitaal is:

Homer Neethling
Danie Minnaar
Werner Buys se pa
Gert Brits 
 

Bid asb ook vir lidmate wat siek is. 

Program vir die week

Lewenskets van Dr Jace Craig (Dr Jace is addisionele lid op die kerkraad)

Johannes Casparus (Jace) Craig is op 12 November 1943 op ‘n plaas in Noord-Natal gebore. Hy het tussen die Zulu’s grootgeword en hulle taal gepraat.

Daarna was hy in ‘n Duitse plaasskool tot graad 9 en het matrikuleer aan Hoërskool Vryheid. Daar moes hy toe nog Engels ook leer!

Jace voltooi sy mediese studies aan Tukkies en kom in 1968 na Nelspruit. Hy is dus nou amper 54 jaar hier.

Hy het twee broers gehad wat albei aan kanker oorlede is, een op 48 jaar en die oudste op 77 jaar.

Hulle het vyf kinders: Die oudste seun is ‘n tandarts in Engeland, die tweede ‘n landbounavorser in die Noord-Kaap en die derde ‘n jeugwerker en skaakafrigter. Sy dogter was ‘n skoonheidsdeskundige en in bevel van die spa en gimnasium op passasierskepe. Hul jongste seun is ‘n ortotis wat spesialiseer in ortotika, die maak van kunsledemate.

Daar is nege kleinkinders, met ‘n tiende een op pad: sewe seuns en twee dogters. Sy oudste kleinseun het reeds as ingenieur gekwalifiseer en sy oudste kleindogter is in haar finale jaar in grafiese rekenaarkunste en ontwerp.

Jace se stokperdjies is jag en visvang en voorheen ook tennis. Die gholfgogga het gelukkig gesond geword en hy het nog nie weer ‘n aanmaning gehad nie!

Hulle het sewe jaar lank vir sy dogter gebid voordat sy haar seuntjie as ‘n wonderwerk ontvang het

Jace is aan die woord: “Na matriek moes ek eers in die weermag geslyp word nadat ek eintlik te beskermd grootgeword het in ‘n baie hegte familie en boeregemeenskap. Danksy my dogter se werk op die skepe kon ek saam met haar dele van die wêreld sien en beleef wat min mense beskore is en waarvoor ek baie dankbaar is.”

“Dit vul my met nederigheid en dankbaarheid teenoor die Here wat my daartoe in staat gestel het dat ek in my praktyk die voorreg gehad het om mense tot diens te wees. Ek is veral dankbaar vir almal met wie ek die Goeie Nuus kon deel en ‘n verskil in hulle lewens kon maak tot eer van SY NAAM.” 

Mag elkeen in hierdie week God se Guns en Seën beleef.

Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit