Hierdie is die laaste Midweek vir die jaar.  Mag julle baie seën ontvang gedurende die welverdiende blaaskans en Kerstyd!

Hierdie week se boodskap

 

Geloofsverbintenis: Die koste van dissipelskap

Skriflesing uit Matteus 8:18-22

Boodskap:  Wat is die koste van dissipelskap? Jesus het sy volgelinge aangespoor om die koste te bereken, maar het enige een van ons al regtig die tyd geneem om te dink oor wat dit beteken om Jesus te volg op sy terme? Het ons vrede in ons harte dat ons gewillig is om Hom te volg, maak nie saak wat die koste is nie?

Martin Luther het gesê: “’n Godsdiens wat niks gee nie, wat niks kos nie, en niks ly nie, is nikswerd”. As jy Jesus wil volg, moet bereid wees om goed te lyk op hout.

Jesus het die menige mense by Kapernaum bedien – siekes gesond gemaak, bose geeste uitgedryf en ander wonders gedoen, alles terwyl Hy die mense geleer het, en baie het Hom gevolg en die groep volgelinge word net groter. Jesus het iets gesien wat verkeerd was met die menigte mense. Dit was nie omdat hulle ‘n te groot groep geword het nie, ek dink dit was meer moontlik dat Hy gesien het dat die menigte volg Hom slegs deur die wonderwerke wat Hy doen en nie omdat hulle ‘n behoefte het om te verander nie. Hulle was opgewonde oor wat Jesus vir hulle kon doen, maar hulle het nie die begeerte of die hart gehad om soos Jesus te word nie.

Ware dissipels volg Jesus uit ‘n honger van Jesus en nie uit ‘n honger van wonderwerke nie. Die dissipels het meer van Jesus gesoek as net wat Hy vir hulle kon doen. Hulle het Jesus gesoek. Dit was nie die seën, maar die Een wat die seën gee, wat vir hulle saak gemaak het. Die eenvoudigste definisie van ‘n dissipel is ‘n “student/of een wat leer”. Maar dit beteken eintlik soveel meer as net dit. ‘n Dissipel is iemand wat ‘n leermeester volg. Dit is iemand wie se lewe verander en gevorm word deur die onderrig van die leermeester. Dit is iemand wat word soos die leermeester in elke opsig, wat elke beginsel, gesindheid, daad, en waardes van die leermeester aanneem en dit hulle eie maak. In kort ‘n dissipel word gevorm in die beeld van die leermeester.

Jesus roep ons vanuit die menigte mense om sy dissipels te word, maar vir ons om sy dissipel te word moet ons “iets doen”. Ons moet na die anderkant toe oor vaar saam met Jesus. Ons moet uitstap vanaf die menigte mense en instap/inklim in die boot saam met Jesus. Ons moet onsself commit aan Hom, ons moet gaan waar Hy gaan, ons moet doen wat Hy doen en ons moet leef met Hom as die middelpunt van ons lewens elke dag.

Het jy al die keuse gemaak om dit te doen? Is jy in die boot saam met Jesus, of is jy tevrede wanneer Jesus per geleentheid opdaag en jou probleme vir jou uitsorteer. Waar is jy met Jesus vandag? Om Jesus te volg kom met ‘n prys. Dit behels ‘n opoffering. Geen dienskneg is bo sy Meester nie. As Jesus dan verwerp was, gekritiseer was, aangeval was en later doodgemaak is, moet die volgelinge van Jesus nie enige beter hantering verwag nie.

Om ‘n dissipel van Jesus te wees, beteken dat daagliks oefen ek om soos my Leermeester te word. Hy sal my dissiplineer en oefen deur baie beproewinge en moeilike omstandighede. Dit alles word gedoen vanuit liefde, nie om ons seer te maak nie, maar om ons sterker te maak, om ons gereed te maak vir die Koninkryk. Maar is jy regtig bereid om die prys te betaal? Is jy bereid om alles op te offer om Jesus te volg? Is jy bereid om in daardie boot te klim, selfs al is daar baie storms wat op jou wag?

Die oproep van Jesus kom voor enige oproep van die wêreld. Ons gehoorsaamheid aan Jesus moet prioriteit geniet bo ons gehoorsaamheid tot enige ander verantwoordelikheid/plig wat ons mag dink ons het. Jesus wil nie hê ons moet ons families afskeep nie, maar ons families moet ons nooit weg hou om die Here te volg nie. Wanneer daar ‘n konflik is moet Jesus altyd eerste kom.

Plaas jy Jesus eerste in jou lewe? Betaal jy die prys om Hom te volg, of soek jy enige en alle verskonings om nie gehoorsaam te wees nie? Selfs al blyk dit dat daardie verskonings eerbaar en geldig is en met goeie bedoelings gepaard gaan, as dit in jou pad staan om Jesus te volg, dan is dit verkeerd.

Dissipelskap is nie altyd maklik nie. Dit is commitment dat Jesus jou lewe regeer en dit is nie maklik nie, want ons wil in beheer wees. Maar onthou: God het jou geskep, Hy het elkeen van ons geskep en God weet wat Hy doen, Hy maak nie foute nie.

Jesus het soveel meer om vir ons te gee as wat ons kan dink, wanneer ons hierdie koste van dissipelskap bereken en besluit om hom te volg. Die goeie nuus of miskien is dit vir jou slegte nuus, is dat dit hang van jou af. Dissipelskap is nie een of ander geestelike lotery nie – jy kan ‘n dissipel wees en jy kan nie ‘n dissipel wees nie. Dit is ‘n oop uitnodiging aan elke persoon wat dit wil hê en bereid is om die Here te volg. Die goeie nuus is – God sal die Hulp verskaf.

Is jy bereid om op te staan en die uitnodiging te aanvaar van ‘n bona-fide volgeling van Jesus te word, wat vir Hom leef bo alles anders? Alle dissipels is gelowiges, maar nie alle gelowiges is dissipels nie.

 

Vir verdere studie:

  • Wat het jy vandag geleer oor die koste van dissipelskap?
  • Sal jy die koste kan verdra? Vra Jesus dalk nie so bietjie te veel van ons nie?
  • Lees Lukas 9:23-27.
  • Wat beteken “verloën jouself”, “neem op jou kruis en volg vir Christus”?
  • Hoe sluit dit aan by die koste van dissipelskap?
  • Is daar ooreenkomste tussen Lukas 9:23-27 en Matteus 8:18-22? Wat is die ooreenkomste? Is daar verskille?
  • Lees Fil. 3:8.
  • Hoe weergalm Paulus se woorde met dit wat ons vandag gelees het oor die koste van dissipelskap?

Vir volledige opname van die erediens, KLIK HIER

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, tans in die hospitaal is, die wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
  • Marietjie Craig
  • Helen Ellis
  • Anna Venter
  • Aiden Theart
  • Lidmate wat tans Covid het en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.

 

Program vir die week

 

Woensdag 24 November

06:00 Broodbreek Kerkkantoor 013 744 1925

10:00 Bybelstudie Dr Jean Strydom 083 572 4886

18:00 Bybelstudie Dr Jean Strydom 083 572 4886

Donderdag 25 November

17:00 Grief Share Dr Jean Strydom 083 572 4886

18:00 Delf in die Woord Kerkkantoor 013 744 1925

18:30 PHOS Afsluiting

19:00 Keingroep Ds Louis Pienaar 082 878 1743

Sondag 28 November

8:30 Erediens (Nagmaal) en Kleuterkerk

18:00 Koinonia Chris Mostert 082 555 1946

Dinsdag 30 November

10:00 Naomi (Senior) Kuier Afsluiting Susan Van Huyssteen 084 964 2847

18:00 Mannegroep Afsluiting Ds Louis Pienaar 082 878 1743

 

 

 

 

Beste wense vir die res van die week!

    Vriendelike groete,
    Jean, Louis en Gerrit