Tema: Boodskap: Ds Gerrit Vosloo

SKRIFLESING: Ef. 2:1-10 en Op. 3:1-6 

Een van die belangrikste lesse wat ek in my lewe geleer het is, dat dit is moontlik om te bestaan sonder om werklik lewendig te wees. Baie van ons wankel deur die lewe, gedagteloos gaan ons deur die bewegings terwyl ons dood voel aan die binne-kant. Dit sluit in gelowige mense, oud en jonk. Dit mag dalk vir ander lyk asof ons lewendig is, terwyl ons die verval in ons harte wegsteek.

Ons is besmet met sonde en die dood. Jy sien ‘n hond is nie ‘n hond omdat dit blaf nie, dit blaf omdat dit ‘n hond is. En mense is nie sondaars omdat hulle sonde doen nie, hulle doen sonde omdat hulle sondaars is. Jesaja 64:6 vertel vir ons, ons almal is besmet en onrein met sonde. Sien wat dit ook al is, ons almal het dit. Teoloë noem dit inherente verdorwenheid of erfsonde, maar die waarheid is, ons almal dra die sonde gene.

Ef. 2:5 sê: “Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!” Wat beteken dit om dood te wees? Die dood is ‘n belangrike onderwerp/konsep, dit bepaal ons lewe nou en in die hiernamaals. Die vraag wat ek vir jou as individue moet vra is: Is jy dood? Is jy geestelik dood? Wandel jy hier op aarde rond in jou liggaam, maar in jou gees is jy dood? Die enigste manier wat jy kan weet dat jy nie dood is nie, is om te weet dat jy lewe!

Paulus herinner ons in Efesiërs 2:1-10 dat ons almal was soos geestelike dood, maar te danke aan God is ons nie meer! Vang jy dit? Omdat Jesus nie dood gebly het nie, hoef ons ook nie dood te bly nie. Omdat Jesus lewe, kan ons ook lewe. Ons was dood in ons sonde, maar deur God se genade word ons gered van die dood na die lewe.

Lees ons Openbaring 3:1-6, dan kry ons ‘n voorbeeld van ‘n gemeente wat geestelike dood was. In Jesus wat Homself aan die kerk openbaar, kom ons agter dat die gemeente van Sardis dringend vir Jesus nodig gehad het. Hulle moes onthou dat Jesus is die Here van die Kerk. Alles wat gedoen en geleer word deur die kerk, sal nie suksesvol of betekenisvol wees, as dit nie gedoen word vanuit die krag van die Heilige Gees en onder die gesag van Jesus nie.

Die Heilige Gees van God was nooit in ag geneem of geraadpleeg nie. En dit is altyd die geval in ‘n dooie kerk. Jesus sê vir die kerk dat dit moet beheer word deur die Heilige Gees. Soos Sag. 4:6 ons leer: “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige”. Die kerk van Sardis het lewendig gelyk, maar dit het nie die een ding gehad wat hulle die nodigste gehad het nie, die Heilige Gees!

Daar is baie definisies van wat mense ‘n dooie kerk noem, gebaseer op die dade van die lidmate. Mense het al gesê dat in ‘n dooie kerk is die lofprysing en aanbidding boring/vervelig, die liedjies is trekkerig en gevrek en die prediking is leweloos en eentonig, die mense is teenwoordig in liggaam, maar in hulle gedagtes is hulle vas aan die slaap.

Mense het ook al ‘n “lewendige” kerk gedefinieer, deur hoe hard die musiek is, oor hoe baie daar geskree word en oor hoe lewendige die prediking is. Verstaan mooi, dat nie een van hierdie beskrywings beskryf akkuraat in God se oë watter kerk is lewendig en watter een is dood nie. Jesus sê dan aan die gemeente van Sardis in Openbaring 3:1 “… Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood”.

Judas was een van twaalf mense op wie Jesus staat gemaak het, en tog het hy steeds vir Jesus verraai. Waarom? Want, selfs al het hy Jesus se teenwoordigheid ingetree, het hy nooit vir Jesus toegelaat om hom in te tree nie. Jy sien jy kan vir God of volle toegang of beperkte toegang tot jouself gee. Jy kan die Heilige Gees volle beheer gee of jy kan probeer om Hom te beheer.

‘n Besige kerk beteken nie dat die kerk lewe nie. Baie kerke is vol CHINO’s – “Christian In Name Only”. Hulle glo hulle is Christen gelowiges, maar hulle het geen geestelike lewe nie. In plaas van die kerk wees, is daar baie wat voorgee dat hulle die kerk is. In plaas van om vissers van mense te wees, het baie bewaarders van die akwarium geword. Vir baie het die kerk ‘n ritueel geword van liedjies sing en gebede opsê.

Kyk na jou geestelike pols, klop dit nog? Kyk na jou motiewe of redes waarom jy ‘n Christen is. Jy mag dalk dink jy doen al die regte dinge, maar dalk vir die verkeerde redes. Onthou Jesus het klaar die dood oorwin, onthou jou verlossing. Jesus het sy Gees gestuur, om jou te versterk, toe te rus, te bemagtig, en Hy het vir jou lewe gegee.

Kyk gerus na die volledige videoboodskap by  https://www.youtube.com/watch?v=5vBl4FhrVdg

Gebed: Dankie Here, dat U Seun, Jesus Christus vir ons die sonde en die dood oorwin het, sodat ons kan lewe in liggaam, siel en gees. Mag ons elke dag geestelike lewendig wees, sodat ons ander ook kan besef U is die enigste Weg, die Waarheid en die Lewe.

Verdere nadenke:

        • Lees Ef. 2:1-10.
        • Waaroor gaan hierdie teksgedeelte?
        • Wat veroorsaak dat ons dood is, volgens Paulus?
        • Wat sê vers 3 vir jou oor die mens en wat is die gevolg daarvan?
        • Vers 4 praat van God se barmhartigheid en liefde, wat is die gevolge van God se genadige liefde?
        • Hoe word ons gered? Wie red ons? Vers 5-10 noem dit ‘n hele paar keer.
        • Wat beteken dit dan vir ons as Christen gelowiges? Hoe beïnvloed dit die manier hoe ons daagliks lewe?
        • Lees Op. 3:1-6.
        • Waarom die bekendstelling van Jesus (“Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het”) in vers 1? Wat wys dit vir ons uit?
        • Lees Jesaja 11:2. Wat leer die teksgedeelte vir ons oor die werking van die Heilige Gees? Hoekom is dit belangrik om te weet wat is die werk wat die Gees in die gemeente doen?
        • Wat is die faktore wat ‘n rol speel in die definiëring van ‘n “lewendige gemeente”? Hoekom sê jy so?
        • Wat sê Jesus vir die gemeente van Sardis in vers 1? Wat is Jesus se siening van ‘n “lewendige gemeente”?
        • Wat moet die gemeente van Sardis doen om nie meer geestelike dood te wees nie?
        • Wat leer jy uit die teksgedeeltes oor geestelik lewe en geestelik dood wees?
        • Wat leer jy oor God vanuit die teksgedeeltes?
        • Met wie gaan jy deel oor wat jy geleer vanuit die Bybelstudie?
        • Wie is die persoon vir jy die week kan bid, wat dalk sukkel met hulle geloof of dalk selfs geestelik dood is?  

    nie-aksie

    Bid asb vir lidmate wat ongesteld is, herstel na operasies of tans in die hospitaal is:  

    Marie Pretorius

    Homer Neethling  

    Lettie Minnie

    Bid asb ook vir lidmate wat siek is. 

    Dié jongmense het Sondag hul Geloofsverbintenis afgelê. Mag jul altyd Sy Lig bly uitdra! 

    Mag elkeen, elke dag daarbaar leef.

    Vriendelike groete,

    Jean, Louis en Gerrit