Hierdie week se boodskap

 

 

Boodskap: Hoekom dink jy God gee om? Jy sou kon antwoord dat jy dit in jou eie lewe al ervaar het. Jy het dit in die lewe gesien of jy het dit in die Bybel of een of ander verhaal gelees. Die feit is dat God gee om. Omdat jy ‘n nuwe mens is, ‘n mens wat na God se beeld verander is, moet jy ook die karaktertrekke van Jesus toon. Jy moet dus ook omgee omdat Hy omgee. In 1 Pet. 4:10 sê hy dat jy gawes ontvang het waarmee jy diensbaar moet wees. Die geheim is dat jy eers jou verhouding met God in orde moet kry voordat jy sal begin omgee soos God van jou verwag. Die probleem is dat baie mense begin eers omgee nadat hulle voel dat hulle genoeg bymekaar gemaak het vir hulself. Dis nie wat God van ons verwag nie, Hy verwag onvoorwaardelike omgee. Die wêreld rondom ons is baie selfgesentreerd. Kyk ons na Jesus dan sien ons dat Hy na buite geleef het. Dit het nie oor Homself gegaan nie. Hy het nooit gevra wat hou dit vir my in nie. Daarom mag ek en jy dit ook nie doen nie.

Hoe gewillig is jy om diensbaar te wees teenoor ander mense?

Gebed: Here dankie dat U in die persoon van Jesus vir ons ‘n voorbeeld kom stel het van omgee. Help my om ook dieselfde gesindheid te openbaar en om te gee vir my medemens.

Gaan kyk gerus na die volgende video en ervaar iets van omgee. 

Klankbane van preke beskikbaar

 

Die gemeente beskik nou oor ‘n eie YouTube rekening wat dit moontlik maak om klankopnames van preke beskikbaar te stel.

Om na die volledige preek van Dr Jean Strydom te luister, KLIK HIER.

Die preek van Ds Louis Pienaar wat op Sondag 13 Januarie gelewer is, is ook nou as ‘n klankbaan beskikbaar. KLIK HIER hier om daarna te luister.

Nuwe reeks preke begin op 3 Februarie

‘n Nuwe reeks preke met die tema Verander van Binne na Buite skop op 3 Februarie af. Boekies wat die onderwerp in geheel dek, sal ook beskikbaar wees teen R10 elk.

 

 

 

Groepe verteenwoordigend in die gemeente

 

 

 

Ons is almal bekend met die bestaan van omgeegroepe in die gemeente. Maar is jy bewus van ander groepe soos die Bybelkunsgroep? Om meer te wete te km oor die groepe, klik hier.