Hierdie week se boodskap
Tema: Geloof en God se Beloftes
Teks: Lukas 17:5-6
Boodskap:
Geloof verbind jou aan Jesus. Geloof verander jou lewe. Sonder geloof sê Hebreërs 11:6 dat jy nie God se wil sal kan doen nie. Jesus het ook in Joh. 15 verwys na ons besondere verbintenis met Hom. In vers 5 sê Hy dan ook dat ons niks sonder Hom kan doen nie. In Jes. 7:9 lees ons hoe Jesaja vir koning Agas sê dat indien hy nie sal standhou as hy nie in geloof standhou nie. Geloof is dus baie belangrik in ons lewens. Geloof word aan ons geskenk deur God, maar Hy vra ook weer dat ons dit wat Hy aan ons geskenk het sal aanwend om Sy impak in die wêreld te vergroot. Ons moet oppas om nie ons geloof en vertroue in ander dinge te stel as in God nie. Die samelewing waarin ons onsself bevind plaas nie ‘n hoë premie op geloof in God nie, daarom stel mense maklik hulle geloof en vertroue in aspekte soos die verlede, hulle status, materialisme ens. Jou geloof in Jesus maak dat jy ruimte skep vir Sy werking in en deur jou lewe. Dit is slegs deur geloof dat ons God se beloftes vir ons kan toe-eien. Geloof verander nie noodwendig die uiterlike landskap van jou lewe nie, maar verander die innerlike landskap.
Gebed: Here, dankie dat U geloof as gawe aan my geskenk het. Ek glo in U en glo dat U wil die beste vir my is.
Vir volledige video boodskap, klik hier
Vrae vir nadenke
- Wat is jou persoonlike definisie van geloof?
- Hoeveel geloof dink jy is in jou lewe sigbaar?
- Was daar al tye in jou lewe dat, al waarop jy kon staatmaak was net jou geloof in God alleen?
- Lees die volgende gedeeltes en gesels daaroor of dink daaroor n
- Jes. 7:9
- Joh. 15:5
- Heb. 11:6
- Lees Luk 17:5-6
- Gesels oor hierdie uitspraak van Jesus
- Dink jy God verwag groot geloof van jou kant af voordat daar iets kan gebeur?
- Tot watter mate dink jy is God se beloftes aan geloof gekoppel?
Wat kan jy doen om jou geloof te versterk?
Knie-aksie
- André Esterhuizen
- Marietjie Craig
- Joe Meyer
- John Maartins
- Lidmate wat tans Covid het en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.
Medelye
Medelye word betoon met:
- Pieter en Annetjie Briel na die heengaan van Annetjie se broer Chris Strydom
- Tracey, Andrew en die res van die familie na die heengaan van Hugo Hamilton
Projek van Hoop
Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit