22 November 2017


Boodskap

Teks: Matteus 5:13-16

Tema: Gaan wees oral en altyd God se sout

Dink vir ‘n oomblik hoe sou ‘n wêreld sonder sout wees. Geen sout of plaasvervanger vir sout nie. Ek dink ons sal verstom staan as ons regtig besef hoe groot rol sout in ons lewens speel. Sout vorm deel van baie meer produkte en allerdaagse goed as wat ek dink ons werklik besef. ‘n Wêreld sonder sout sal in baie opsigte arm wees en daar sal verskeie tekorte wees.

Net so is ‘n samelewing waarin Christene nie hulle Christenskap volhuit uitleef nie, baie arm. In hierdie teksgedeelte vergelyk God die impak wat Christene op die samelwing moet hê, met die van sout.

In die Bybelse tyd is sout gebruik om blywende vriendskapsbande te smee, genesing aan te help, te preserveer en natuurlik om die beste smake in kos na vore te bring. Wanneer God ons roep om Sy sout te wees, dan wil Hy hê dat on dit sal wees vir die samelewing. Dat ons vriendskapsbande sal smee, stukkende mense al help heel word, goeie waardes en norms sal help behou en dat ons die beste na vore sal bring uit mense uit, wat ons pad kruis.

Elke Christen is geroep om God se sout te wees, nie net sommiges nie. Sout is in alle omstandighede sout. Sout kan nie kies wanneer om sout te wees nie.

Daarom vra die Here ook van my en jou om bogenoemde te wees ten alle tye en in alle omstandighede.

Kom ons gaan leef voluit as God se sout vir die aarde, en lig vir die wêreld.

Gebed: Hemelse Vader, help my op so te leef, dat ek altyd U sout en U lig sal wees. Help my om voluit my Christenskap uit te leef.

 

Eredienste

Sondagoggend erediens om 08:30

Sondagaand: Kerssangdiens om 18:00

 

 

 

24 lidmate lê belydenis van geloof af

Verlede Sondag, 19 November, het nie minder nie as 24 jong lidmate belydenis van geloof afgelê. Aan elkeen van hulle sê ons baie geluk en baie welkom as belydende lidmate van ons gemeente.

 

Bybelkunsoggend, 12 Desember by die kerk

Kom geniet ‘n kreatiewe oggend saam met Thea, predikantsvrou van Leeudoringstad. Sy deel haar Bybelkuns met ons asook haar liefde vir die Woord. Dit gaan ‘n oggend wees vol bederfies, tegnieke en tyd saam met ons Hemelse Vader. Bring jou journaalbybel, ou Bybel, leë joernaal, ou gesangeboek en kom kuier saam.

Bybelkunsprodukte sal ook te koop wees.

Bespreek asb voor 4 Desember by Marnelle 082 822 1923, of kontak haar met enige navrae.

 

Projek 500

500 Geskenke vir behoeftige senior burgers

Die groeiende hoeveelheid van senior mense het finansiële ondersteuning van ʼn aard nodig. Ons kan nie met alles help nie maar ons wil met dié geskenkpakkie ʼn simbool van Jesus-liefde aan mense oordra. Daaraan het almal ʼn behoefte!

Met projek 500 wil ons ten minste 500 geskenkpakkies insamel en aan senior mense in ons gemeenskap uitdeel.

Jy kan letterlik enige iets in die pakkie sit. Wenke: Toiletware, lyfroom, handeroom, tandepasta (tandeborsel ook welkom), waslappie, koekies, sagte lekkertjies, ens. (Verkieslik nie sjokolade, biltong & droëwors nie)

Bring die pakkies na die kerkkantoor/kerk voor of op Sondag 3 Desember

 

Garage Verkope: 1 Desember 2017

Maak bietjie skoon vir Desember!

Bring jou ou klere en kombuisware vir ons jaarlikse Garage Verkope.

Kontak: Susan 084 964 2847

Groete & seënwense,

Jean & Louis


Skielik iets onthou om te vra, te reël?

Kontak ons per epos:

Kerkkantoor, Jean, Louis.