Hierdie week se Boodskap

 

 

 

Tema: Lewe met veerkragtigheid

Teks: Rom. 5:3-5

Boodskap: Die lewe van ‘n Christen is nie gespaar van die effek van Genesis 3 nie. Ons almal leef in ‘n stukkende wêreld. Hierdie wêreld het onomwonde een of ander effek op jou. Soos wat jy hier lees kan jy terugdink aan verskeie kere waar jy in versoeking of beproewing was. Tye wat vir jou ontsettend moeilik was.

Die Bybelfigure was ook nie gespaar hiervan nie. Ek dink aan mense soos Moses, Daniël, Josef, Habakuk, Job, Paulus ens.

Die uitdaging is hoe is ek veronderstel om op te tree in uitdagende moeilike omstandighede? Die moontlikheid bestaan dat ek net oorleef. Dit beteken dat ek byvoorbeeld maar net nog ‘n innoverende masker sal opsit om my pyn te verberg en vir die wêreld wys dat alles dood normaal is. Dis wanneer die duiwel jou lewe en vreugde kom steel en jy laat dit toe dat die omstandighede jou lewe verder erodeer.

Die Woord wil hê dat ek en jy veerkragtig sal optree in moeilike omstandighede. Die volgende teksgedeeltes wat jy gerus kan gaan lees (Rom. 5:3-5, 1 Pet. 1:6-7, Jak. 1:2-4, Hab. 3:17-19) vertel vir jou hoe jy veerkragtig kan wees in moeilike omstandighede. Ons kan die volgende aflei uit die gedeeltes.

Eerstens dat jou gesindheid binne moeilike omstandighede baie belangrik is. Die gedeeltes gebruik woorde soos verheug, bly wees en jubel. Tweedens moet ek besef dat binne moeilik omstandighede ek net sterker word en dat die Here my nie alleen laat nie (Jes. 43:1-3). As jou gesindheid reg is en jy besef dat die Here saam met jou is om jou te vorm dan sal jy veerkragtig wees en nie toelaat dat omstandighede jou onder kry nie. Jy sal dan ook kan uitgaan en ander in moeilike omstandighede kan help.

Gebed: Here dankie vir moeilike omstandighede in my lewe. Help my om veerkragtig te wees en nie net te oorleef nie. Amen

Gaan luister gerus na die volledige boodskap op outube: Klik hier

 

 

Daar sal tydens pinsterdienste ook kinderpinkster wees.

 

Gemeentekamp!

 

20 – 22 September 2019 by Henk van Rooyen Oord, Marlothpark.
Kampeerkoste R150 per persoon vir die naweek.
Vir meer inligting/kampeer besprekings kontak:
Anel 0829095099 of
Veronica 0834196543.
Vir chalet besprekings kontak:
Lana by Henk van Rooyen 072 282 2256

 

Jeug

Neem asseblief kennis dat daar hierdie week, en tot verdere kennisgewing, geen Juventas of Bybekskool byeenkonste sal plaasvind nie.

 

Mannekamp

Die Mannegroep het die afgelope naweek in Marlothpark gaan kamp.
Twaalf manne het saam gekuier en Ds Louis Pienaar het gesorg vir die geestelike verryking van elke man wat die naweek meegemaak het.