22 Augustus 2018
Hierdie week se boodskap
Teks: Eksodus 2+3
Tema: Beleef God se getrouheid.
Ons leef in ‘n wêreld waar ontrouheid baie keer aan die orde van die dag is. Al hoe meer mense is ontrou. Veral ontrouheid in verhoudings veroorsaak baie pyn en skade. Ons kinders word blootgestel aan ontrouheid in die flieks wat wys om nie eens te begin praat oor al die sepies se slegte invloed nie. Ongelukkig is ons so blootgestel daaraan dat ons al begin dink dat dit maar aanvaarbaar is in vandag se samelewing. Mense raak self ontrou aan hulle eie menswees om in te pas.
G’n wonder dat ons soms dink dat God dalk ook so is. Veral wanneer dinge nie uitwerk soos wat ons graag wil hê dit moet uitwerk nie. Dan dink ons maklik maar God is ook ontrou. Dis is egter nie waar nie. Getrouheid is deel van God se wese. God is altyd getrou.
Psalm146:6: “Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou.”
Een van die bekendste verhale van God se getrouheid is seker die lewensverhaal van Moses. Reg deur Moses se lewe sien ons hoe God getrou bly. Hoe God getrou vir Moses bystaan en hom toerus vir die taak waar toe God hom geroep het. Verskeie kere word God se plan vir Moses se lewe bedreig. Soms weens eksterne faktore, maar ook weens sy eie swak besluite. Moses en die volk Israel moes op die harde manier leer dat God nie noodwendig die gevolge van hulle eie besluite tot niet maak nie. God verkies dat ons leer uit die verkeerde besluite en foute wat ons maak.
Maar selfs daarin bly God getrou. Hy gebruik Moses se foute en verkeerde besluite om hom te help toerus vir die taak wat God hom voor roep. Ja, dit het tot gevolg dat Moses letterlik en figuurlik ‘n woestyn tydperk in sy lewe moes deur gaan. So is dit ook met elkeen van ons. As ons God toelaat, is Hy so getrou dat Hy selfs iets positiefs uit ons Woestynmomente kan laat voortvloei.
Gebed: Dankie Here Jesus dat U tot die dood toe getrou was en ons van die las van sonde vrygekoop het. Dankie Hemelse Vader vir U troue liefde en genade. Dankie dat U altyd getrou is.
Seminaar: Hersaamgestelde Gesinne: 7 – 9 September
Meer inligting oor bogenoemde seminaar is in die volgende video beskikbaar.
Klik HIER om na die video te kyk.
Kom kuier saam!
Jeugbediening
Groete & seënwense,
Jean & Louis
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.