20 September 2017
Welkom my ons Midweek-nuusbriefie wat ten doel het om nuuswaardige brokkies inligting rakende gebeure in ons gemeente met jou te deel.
Mag jy hierdie week geseën word met alles wat jy aanpak.
Boodskap vir die week
Teks: 2 Pet. 1:3-8
Tema: Prioriteite en Toewyding
Boodskap: God eis 100% toewyding aan Hom. Hy stel dit reeds duidelik in Lev. 19 dat ons heilig moet wees omdat Hy heilig is. Kom ons kyk vir ‘n oomblik hoe toegewy God aan jou is.
Hy kom red jou uit genade (Ef. 2:8-10)
- Volgens Joh 3:16 het God sy kosbaarste, enigste Seun opgeoffer vir jou
- Jesus het sy Vader se opdrag presies nagevolg en gesterf aan die kruishout vir jou. Hy is toegewyd aan jou.
- Hy sê is Joh 14 dat Hy weggaan om vir jou plek voor te berei.
- Hy stuur die Heilige Gees sodat jy nie wees agtergelaat word nie
- Die Heilige Gees is toegewys in Sy taak om jou in die volle waarheid te lei.
Omdat God so toegewyd is verwag Hy dat jy dieselfde sal wees. Die wonderlike van God is dat Hy gee jou alles wat jy nodig het om toegewyd aan Hom te leef. Jy hoef dit dus nie uit eie krag te doen nie. In ons teksgedeelte gee Petrus vir ons hoop om in hierdie uitdagende tye toegewyd te kan lewe. Hy sê: “Sy Goddelike krag (Heilige Gees) het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien”. Jy het dus reeds alles ontvang wat nodig is om hier tot Sy eer te leef. Die geheim is om naby God te leef sodat jy soos die skape ingestel sal wees op die herder se stem.
Dink vir ‘n paar oomblikke na oor hierdie vers. Vra dat die Heilige Gees wat toegewyd is om jou in die volle Waarheid te lei hierdie geestelike waarheid in jou lewe sal openbaar.
Gebed: Drie maal heilige God, baie dankie dat U toegewy aan my is. Ek maak vandag ‘n keuse om ook toegewy aan U te leef. Dankie dat U my alles reeds geskenk het wat ek nodig sal h om toegewyd aan U te leef. Amen
Eredienste
Sondag 20 September
- 08:30 – Oggenddiens – Ds Louis Pienaar
- 18:00 – Koinonia byeenkoms
Helpende hand
‘n Enkellopende dame van ons gemeente is baie dringend opsoek na ‘n werk. Sy het tot onlangs ‘n werk gehad, maar die besigheid by wie sy gewerk het, het hulle deure gesluit en is sy tans werkloos. Weens ‘n breinoperasie ‘n aantal jaar gelede, is sy – wat haar beweging betref – effens gestremd. Soos sy sê, sy “kan beweeg en alles doen wat ander kan doen, dis net bietjie stadiger”.
Indien jy dalk weet van ‘n akature of self vir haar ‘n werk kan aanbied, sal ons baie dankbaar wees.
Jy kan haar CV hier aflaai vir meer besonderhede.
Huis Betlehem – Gholfdag op 28 September 2017 @ Nelspruit Gholf Klub
Nelspruit-Suid ondersteun altyd Huis Betlehem, daarom dat ons hierdie Gholfdag aan julle bekendstel.
Indien daar iemand is wat hierdie dag wil borg kan u net vir Ann van der Merwe skakel by 060 783 8941 of epos by annvdmerwe@yahoo.com.
Meer volledige inligting oor borgskappe is beskikbaar, laai bloot die dokument af deur op die blou skakel hieronder te klik.
1 Oktober 2017: Senior Lidmate
14 Oktober 2017: NG-Suid Dames Tee
NG Suid se Fees-Vrydag: 3 November
Dis Nelspruit-Suid se Fees-Vrydag!
Heerlike saamkuier en natuurlik sal daar baie te koop en te ete wees. Onthou om jou geld vir die groot vleistafel gereed te kry. Vleis teen uiters bekostigbare pryse beskikbaar wees!
Navrae: Dr. Jean Strydom 083 572 4886
Geloofsoffer*
Waar staan ons nou?
*Vriendelike versoek t.o.v. geloofsoffer:
Inbetalings t.o.v die geloofsoffer moet asseblief gespesifiseer word sodat dit korrek geallokeer kan word.
Groete & seënwense,
Jean & Louis
Groete & seënwense,
Jean & Louis
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.