Hierdie week se boodskap
Tema: Dankbaarheid in Christus
Teks: Joh. 12:24-16 en 1 Tess. 5:16-18
Boodskap: Dankbaarheid is iets wat elke mens behoort te wys, maar nie almal doen dit nie. Sommige laat toe dat hulle lewe ingekleur word deur ondankbaarheid. Ondankbaarheid is die bestanddeel wat die mooi van die lewe bederwe. Christene word opgeroep om met dankbaarheid te lewe. Paulus skryf dat ons in alles dankbaar moet wees. Tog as ons mooi na die teks in 1 Tess 5:16-18 kyk sê hy dat ons dankbaarheid in Christus Jesus gewortel is.
In Johannes 12 maak Jesus ‘n baie belangrike uitspraak deur te sê dat ons soos ‘n koringkorrel in die grond moet val en sterwe. Dit is in die niks word dat ons alles word wat God bedoel het. Dit is in die niks word dat dankbaarheid ontspring en die vrug word van ons lewe. Jesus sê ook dat eers as ons, onsself oorgee dan sal die oes na vore kom. Dit beteken dat God se heerlikheid en almag deur ons lewens na vore sal kom.
Dankbaarheid is nie sommer net iets wat dus by almal teenwoordig is nie, nee dankbaarheid het en sal altyd sy oorsprong hê in ons sterwe in Christus.
Gebed: Vader ek gee myself opnuut aan U oor sodat ek niks word en U alles word. Amen
Vir volledige videoboodskap: Klik hier
Verdere Nadenke:
- Wat is volgens jou ware dankbaarheid?
- Waarvoor is jy dankbaar vandag?
- Hoe kan jy die kwaliteit van jou dankbaarheidslewe verbeter?
- Hoekom dink jy is daar so baie ondankbare mense?
- Lees 1 Tess. 5:16-18 en gesels oor wat vir jou uitstaan in die gedeelte
- Lees Johannes 12:24-26 en gesels met mekaar oor hoekom die teks so belangrik is?
- Wat dink jy is die oes waarvan Jesus in hierdie bogenoemde gedeelte praat?
- Lees Esegiël 36:21-32. Wat leer jy uit die gedeelte oor:
– Wat vir God belangrik is?
– Hoe gaan Hy dit wat vir Hom belangrik is regkry? - Hoe kan jy bogenoemde teksgedeeltes beter integreer in jou lewe?
- Wat het die studie jou vandag geleer?
Knie-aksie
- Marietjie Craig
- Delport Davel
- Helen Ellis
- Lidmate wat tans Covid het en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.
Medelye
Medelye word betoon met Christa Olivier na die heengaan van haar moeder.
Katoen Uitreik
- Battery ligte wat met krag of Sonkrag herlaai.
- Kruiwa
- Tuingereedskap
- Tuinslang
- Saad vir Groentetuin.
- Gereedskap
- Skroewe, spykers ens.
- Wol, Materiaal, Garing, Krale
- Kinderboeke – Veral Kleuterskool en Laerskool.
- Legkaarte – Kleuterskool en Laerskoolkinders.
- Skryfbehoeftes
- Shampoo
- Kos – Kan grootmaat blikke/houers wees.
- Vars Groente/Vrugte
- Saad vir HoendersProjekte word vir die toekoms beplan om inwoners vaardighede te leer asook om infrastruktuur te help verbeter.
Indien jy vrae het of op ‘n ander manier wil betrokke raak, kontak Ds Louis Pienaar – 082 878 1743
Gehoorstuk
Daar is nog een gehoorstuk beskikbaar om aan ‘n behoeftige persoon te skenk.
Kontak asseblief die kerkkantoor indien u van iemand weet wat hierby baat sal vind.
Belydeniskamp 2021
Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit