Hierdie week se Boodskap

Die krag om te verander
Teks: Efesiërs 4:7-10

Boodskap:

Met die begin van elke jaar is daar omtrent 45% van ons wat die behoefte het om nuut en vars te begin in die nuwe jaar en ons maak allerhande voorneme om dit te realiseer. Gewoonlik hierby Junie maand is dit totsiens met die voorneme en bly ons egter onveranderd. Hoekom is dit so? Vanoggend wil ek vir jou die hulpbronne wys wat alreeds joune is in Jesus Christus, waar jy kan wegbreek van daardie sondige patrone wat jou lewe in ‘n doodsgreep vashou. Kom ons lê ‘n paar fondasie beginsels neer wat ons die krag sal gee om te verander…

Beginsel 1: Elke Christen kan verander (v.7)
Die Griekse woord káti epipléon beteken “iets ekstra” en dit verwys na ‘n onverwagse geskenk wat jy nie geweet het jy gaan kry nie. Toe jy gered was, het Jesus vir jou káti epipléon gegee, ietsie ekstra. Nadat Hy vir jou sy liefde en genade gewys het deur jou te red, het Hy ietsie ekstra vir jou by gegee. Saam met sy reddende genade gee Hy vir jou dienende genade(gawe).

Vers 7 sê vir ons: “Aan elkeen van ons is ‘n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het”.

Vir elke gelowige, gee Jesus die kapasiteit, die moontlik-maak, die bo-natuurlike gawe om ons genadegawe oor te dra aan ander. Om hulle daarmee te dien. Hy werk in jou sodat jy ‘n kanaal kan word van Sy goedheid in ander se lewe.

En neem kennis van die persoonlike klem in die laaste deel van die vers, hierdie genadegawe word “gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het”. Jesus tree op, uit sy eie vrygewigheid, Hy pas hierdie genadegawe presies aan net vir jou daar waar jy is.

Met ander woorde hierdie dienende genadegawe sal nie ‘n las vir jou wees nie. Dit pas by jou unieke persoonlikheid om God se heerlikheid en groot vreugde in jou lewe te bewerkstellig. So die Woord leer ons elke Christen kan verander.

Beginsel 2: Lewensverandering was behaal deur Jesus (verse.8-10).
Vers 8 vat ons na ‘n Ou Testament aanhaling vanuit Psalm 68:19 wat sê dat God het opgevaar na die hemel, Hy het die oorwinning behaal, die kruis gevangenes weggevoer en geskenke aan die mense gegee. Vers 8 beskryf ‘n oorwinningsoptog wat gelei word deur Jesus: “Toe het Hy na die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes saamgeneem en gawes aan die mense gegee”.

‘n Ongelooflike oorwinning was behaal deur Jesus. Hy het die volle mag van die wêreld se sonde aangevat, en hy het die duiwel en sy bose magte oorwin. In reaksie hierop sê Kol. 2:15 vir ons: “Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer”.

So Koning Jesus het in sy triomftog met sy hemelvaart al die stukkies van die vyand se mag weggevat. Hy het ook krygsgevangenes saamgeneem. En Hy het gawes aan sy mense gegee. Saam met die gawe van die Heilige Gees het Jesus vir ons dienende genadegawes gegee as ‘n herinnering van sy oorwinning.

Beginsel 3: Dit is tyd om te reageer op die waarheid
Almal van ons het al gesien wat gebeur as dit hard reën. Die water volg die pad wat die minste weerstand bied om te vloei tot die laagste punt. Reën dit baie hard en die water vloei sterk genoeg, dan sal dit ‘n groef maak in die grond. Jare van dit en daardie groef sal ‘n sloot word. Honderde jare van dit en daardie sloot sal ‘n rivierbedding word.

Hoe keer jy water om te vloei na die pad van die minste weerstand? Jy maak ‘n dam. Jy dam die water op. Hoe keer jy versoeking om in jou lewe te vloei deur daardie uitgewerkte paadjie wat sonde in jou gemaak het. Jy dam dit op. Maar met wat?

Rom. 6:1-4 sê: “Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei”.

Om los te breek van die dominerende mag van sonde is nie ‘n opsie vir my of jou as Christen nie, want alles wat Jesus bewerkstellig het aan die kruis en deur sy opstanding is van toepassing op my en jou. Die geveg teen sonde word genoem die veg van geloof. Jy wen deur te vertrou dat Jesus het alreeds jou grootste vyand gewen. Sy oorwinning is ook jou oorwinning. Glo jy dit? Mag jy dit elke dag van jou lewe glo en uitleef en so verander word dat jy meer soos Jesus kan word! Amen

Om na ‘n volledige klankbaan van hierdie preek te luister, KLIK HIER.

Preekopnames

Die gemeente beskik nou oor ‘n eie YouTube rekening wat dit moontlik maak om klankopnames van preke beskikbaar te stel.

Skakels na die onderskeie preke is op ons webblad beskikbaar.

Klik hier om na preke te luister

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Verander van Binne na Buite

‘n Nuwe reeks preke met die tema Verander van Binne na Buite het Sondag, 3 Februarie afgeskop. Boekies wat die onderwerp in geheel dek, is steeds beskikbaar teen R10 elk.

 

Senior Lidmate bediening

 Ons senior dames het gister, 19 Februarie lekker saamgekuier en meer geleer oor orgidieë.

Hier is elkele foto’s wat tydens die funksie geneem is. 

Klik op foto om vergrote weergawe te sien