2 Mei 2017
Boodskap vir die week
Teksgedeelte: Jak 1:22-27; 2:14
Tema: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde
Boodskap: Elkeen van ons glo, maar ons glo nie noodwendig in dieselfde goed of iets nie. As ek bely dat ek in God, die Vader, die Almagtige skepper van die hemel en die aarde glo, dan glo ek dat God nie ‘n onpersoonlike God is nie, maar ‘n Vader. As Vader beteken dit dat Hy versorg, omgee en beskerm. As Vader wil Hy graag in verhouding met jou staan. Maar Hy is meer as net ‘n Vader. Die volgende woordjie sê dat Hy ook Almagtig is. Hy kan dus enige iets doen. Deur Hom is ek dan tot alles in staat. As Vader wil Hy en as Almagtige kan Hy ‘n verskil in jou lewe maak. Hy is voorts die Skepper van die heelal, maar ook van jou. Meer as dit. Hy is jou herskepper wat jou herskep het die dag toe jy jou lewe aan Hom toevertrou het.
Hierdie belydenis help my om te weet dat God in verhouding met my wil leef en leef, dat Hy as Almagtige daar is om my by te staan en dat Hy gereeld vormend in my lewe sal wees.
Gebed: Here, ek bely dat ek in U glo as die Vader, die Almagtige skepper van die hemel en die aarde. Amen
Belangrike gebeure om te onthou
Jeugbediening
Juventas
Baie mense het gevra wat is Juventas. By Juventas het ons in die Begin van die Jaar by die skepping begin en ons leer die storie van die Bybel. Die Bybel leer ons ook dat ons moet lewe volgens God se wil en daarom leer ons by Juventas hoe om te lewe. Die kinders geniet die speel, die sing en die boodskap. Alhoewel daar NIE hierdie week Juventas is nie op grond van die lang naweek, is daar weer volgende week. Al die laerskool kinders word uitgenooi na Juventas toe op Donderdae aande van 18:15 tot 20:00 om hulle Bybel beter te leer ken.
Invia
Tieners!!! Invia is vir julle!!! Invia beteken “op pad”. Al die tieners word uit genooi om saam met mekaar en saam met God hierdie reis aan te pak want op die einde van die dag is God saam met ons op pad. Hierdie kwartaal het ons afgeskop met #RE-IMAGINE.
So as jy uitgemis het omdat jy nie by #IMAGINE was nie, kan jy kom inhaal. Invia is op Woensdae aande 18:00 tot 19:30 by die Lapa. Sien julle daar.
Kinderkamp
Die kinders word uit genooi om saam te kom kamp! Wie hou nie van kamp nie??? Hierdie kamp gaan die kinders se lewens verander en ons is so opgewonde om so vroeg al in hulle lewens in te bou. Ouer, moenie laat jou kind hierdie kamp misloop nie. Die kamp vind plaas van 18 tot 20 Mei en kos R450. Vorms is by die kerk beskikbaar of kontak Johan (0823932944) vir meer inligting.
Aansoekvorms kan ook HIER afgelaai word!
Pinkster: Sop en Broodjies (13 – 17 Mei)
Dames dit is Pinkster en weer tyd vir lekker Sop en Broodjies na die aand pinksterdienste. Ek benodig 60 potte sop en 60 Brode vir die week. Ek vra groot asseblief jul hulp. Indien julle kan help kontak my asseblief en sê watter aand sal jul pas om te help met die kook van ‘n pot sop en die maak van broodjies.
Skakel vir Annetjie Maré by 082 589 9922 / 013 744 9436
Groete & seënwense,
Jean, Louis en Johan
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.
Groete & seënwense,
Jean, Louis en Johan
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.