Hierdie week se boodskap

 

Tema:: Watter rol speel God se Woord in my lewe?

Teks: 2 Timoteus 3:12 – 4:5

Wanneer mens ‘n nuwe toestel of produk koop, kom daar gewoonlik ‘n Handleiding (Owner’s Manuel) saam. ‘n Hanleiding wat die spesifikasies van die toestel uitstip sowel as die omstandigede waarbinne die toestel gebruik kan word. Die limiete van die toestel word gewoonlik ook noukeuring aangedui sowel as maniere hoe die toestel nie gebruik moet word nie.

Meestal is ons skuldig daaraan dat ons nie nuwe toestelle of produkte se handleidings lees nie en glo ons dat ons genoeg vorige ervaring en kennis het. Soms ignoreer ons ook die waarskuwings wat in die handleiding aangedui is omdat ons glo dis onnodig of dat ons sal kan wegkom daarmee om dit te oorskry. Dit is gewoonlik net as iets fout gaan, dat ons die handleiding raadpleeg. Indien ons nie die handleiding lees en daarvolgens handel nie, kan ons nie die vervaardiger verkwalik as daar iets fout gaan met die toestel nie.

Die Bybel is in baie opsigte soos ‘n Handleiding (Owner’s Manual) wat God vir ons gegee het. Die Bybel vertel ons wat die doel is waarmee God ons gemaak het. Leer ons van die potensiaal wat Hy in ons ingeskep het. Waarsku ons teen dit wat skade aan ons kan doen. Dit help ons om foute te vind in ons lewens en dit reg te stel sodat ons optimaal kan funksioneer soos wat God graag wil hê. Dit help ons om onsself en ander so te handteer, dat ons nie skade aan onsself of ander aanrig nie.

Ongelukkig maak ons ook met die Bybel soos ons met ‘n nuwe toestel se handleiding maak. Ons dink ons sal reg kom opgrond van vorige ervaring en kennis. En baie keer werk dit ook, maar net tot op ‘n punt. En dan wanneer goed in my lewe skeef loop en skade veroorsaak, dan wil ek ook baie keer God daarvoor blameer.

Ons moet daarom weer opnuut besef dat die Bybel God se Lewenshandboek vir ons elkeen is. Die Bybel is deur God geïnspireer en is God se lewende Woord wat altyd relevant sal bly en wees. Daarom moet ons weer moeite doen om God se Woord te lees en dit al hoe meer in ons lewens toe te pas, al hoe meer God se Woord toe te laat om ons gedagtes, woorde en dade te bepaal.

Ons moet weer opnuut ‘n liefde vir God se Woord ontwikkel.

Dan sal Psalm 1 se woorde ook van ons kan waar wees: “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Psalm 1:1-3

Gebed:
Dankie Hemelse Vader dat ek die voorreg het om U Woord in my eie taal te kan lees. Dankie dat U Woord lewend en altyd relevant sal wees. Help my om my hele lewe lank erns te maak met die bestudering en toepassing van U Woord in my lewe.

Vir volledige videoboodskap, klik hier

 

 

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.

  • ​Hugo Hamilton
  • Susan Taljaard

     

     

     

     

     

    Beste wense vir die res van die week!

    Vriendelike groete,
    Jean, Louis en Gerrit