Hierdie week se boodskap

Tema: God is die bron van die regverdige

Teks: Psalm 1

Wat maak jou waarlik gelukkig? Wat is jou definisie van geluk? Elkeen van ons streef daarna om gelukkig te wees en daar is natuurlik verskillende goed wat mense doen ten einde geluk te vind. Die Bybel praat ook baie oor gelukkig wees of geseënd wees. Psalm 1 is natuurlik een van die bekende Psalms wat vir ons lei op ‘n pad na geluk. Psalm 1 sê baie duidelik dat indien jou lewe gestuur en oorwegend beïnvloed word deur goddeloses, sondaars en ligsinniges dan kan jy nie gelukkig wees nie. Dis bloot ‘n oppervlakkige geluk. So persoon se Bron lei nie na geluk nie. Dis soos ‘n plant wat in die verkeerde grond geplant is. Hy sal nooit groei nie.

Die skrywer sê dat iemand wat die regte Bron gevind het, sal waarlik gelukkig wees. Die persoon is een wat sy vreugde vind in die Woord van God. Dis die persoon wat toelaat dat die Here sy lewe lei en regeer. So persoon sê die digter is soos ‘n boom wat geplant is, eintlik oorgeplant is by waterstrome. Hierdie boom het dalk eers gestaan in dorre streke, maar God het hom oorgeplant by water en in goeie grond. Die mens wat God kies se Bron is natuurlik God, soos ‘n plant wat leef vanuit die regte grond. Indien ‘n plant in die regte grond geplant is sal hy die kwaliteit van die Bron (grond) reflekteer. As ek en jy as kinders van God in die wêreld leef moet ons ook ons Bron reflekteer en verheerlik. Die mense moet uit jou lewe kan sien wie jou Bron is.

Gebed: Here baie dankie dat U my Bron is. Amen

Vir volledige videoboodskap, klik hier

Knie-aksie

Bid asb vir Tobie Pretorius wat ‘n knie-vervanging ondergaan het.

Daar is steeds lidmate wat tuis herstel of wat tans Covid het. Bid ook asb vir hierdie lidmate en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.

Program vir die week

 

 

 

Beste wense vir die res van die week!

Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit