19 September 2018


Hierdie week se Boodskap

Teks: Ef. 2:4:10 & Titis 2:11-14
Boodskap: Genade is ‘n woord wat baie bekend is aan elkeen van ons. Jy het sekerlik al genade ontvang en uitgedeel aan ander. As ons oor Paulus praat dan kan ons nie anders as om oor genade te praat nie. Genade staan in vet groot rooi letters oor sy lewe geskryf. Paulus het genade beleef nadat God ingegryp het in sy lewe op die pad na Damaskus. Hy het ‘n tweede kans gekry. Die gebeurtenis was transformerend in sy lewe. Hy skryf in twee gedeeltes oor genade. In Ef. 2:4-10 lees ons hoe God se genade vir ons gebaseer is op Sy innige liefde vir ons. Verder lees jy dat jy ook ontvang het wat jy nie verdien nie. As gevolg van ons sondige lewenswyse het ons die dood verdien, maar deur God se genadige ingrype in jou lewe, skenk Hy aan jou die ewige lewe. Dis genade. Dit is nie uit jou verdienste nie. Hierdie teks sowel as die in Titus 2:11-14 wys ons daarop dat genade veroorsaak dat ons nou die lewe kan leef waartoe Hy ons bestem het. Om sonder genade te leef is om sonder God te leef.
Maak vandag ‘n keuse om weer God se genade in jou lewe raak te sien en te waardeer. Gaan leef daardie genade uit na ‘n stukkende wêreld, wat dit broodnodig het.
Gebed: Dankie vir U groot genade in my lewe. Amen

Vleisfees: 2 November 2018

Dis reg, ons hou hierdie jaar weer ‘n Vleisfees!

Wil jy ook graag betrokke wees by hierdie wonderlike geleentheid? Op ons webblad is ‘n vorm wat jy kan aflaai om aan te toon hoe en waar jy betrokke kan raak.

Klik hier om die vorm af te laai



Groete & seënwense,

Jean & Louis


Skielik iets onthou om te vra, te reël?

Kontak ons per epos:

Kerkkantoor, Jean, Louis.