17 Mei 2017
Welkom my ons Midweek-nuusbriefie wat ten doel het om nuuswaardige brokkies inligting rakende gebeure in ons gemeente met jou te deel.
Mag jy hierdie week geseën word met alles wat jy aanpak.
“Boodskap” vir die week
Hierdie week wyk ons so bietjie af van die normale formaat, in die sin dat ons nie ‘n verkorte weergawe van Sondag se preek plaas nie. Ons gaan wel in volgende week se Midweek die boodskap plaas wat Ds. Carel tydens sy afskeidspreek gelewer het.
Hierdie week is die boodskap ‘n eenvoudige videotjie wat in 1996 deur Linda Eveans geskryf is. Die gedig, wat uiteraard eers in boekformaat gepubliseer is, is later as video vrygestel. Daar word gesê dat die video al deur meer as 30 miljoen mense gesien is. Dis ‘n eenvoudige boodskap wat mens baie stof tot nadenke bied. Ons deel dit graag met jou.
Draai gerus die klank op om die mooi agtergrondmusiek te hoor. (Looptyd: 2 min 38 sek).
Ons gee graag erkenning aan SimpleTruths.com vir die gebruik van die video.
NOTA: Indien die video nie hier vertoon nie, kan jy dit op YouTube kyk.
KLIK HIER OM DIE VIDEO OP YOUTUBE TE KYK
The Dash
I read of a man who stood to speak
at the funeral of a friend.
He referred to the dates on her tombstone
from the beginning…to the end.
He noted that first came the date of her birth
and spoke of the following date with tears,
but he said what mattered most of all
was the dash between those years.
For that dash represents all the time
that she spent alive on earth…
and now only those who loved her
know what that little line is worth.
For it matters not, how much we own;
the cars….the house…the cash.
What matters is how we live and love
and how we spend our dash.
So think about this long and hard…
are there things you’d like to change?
For you never know how much time is left.
If we could just slow down enough
to consider what’s true and real,
and always try to understand
the way other people feel.
And be less quick to anger,
and show appreciation more
and love the people in our lives
like we’ve never loved before.
If we treat each other with respect,
and more often wear a smile…
remembering that this special dash
might only last a little while.
So, when your eulogy’s being read
with your life’s actions to rehash…
would you be proud of the things they say
about how you spend your dash?
Eredienste
Sondag 21 Mei
- 08:30 – Oggenddiens – Ds Koos Kriel
- 18:00 – Koinonia byeenkoms
Gemeentebraai!
Sondag 28 Mei om 11:00 het ons ‘n kuier-geleentheid by die kerk.
Ons gaan lekker kuier om die braaivleisvure!
Bring jou stukkie vleis, eetgerei en drinkgoed en kom spog met jou nagereg. Ons verskaf die nodige vure, koffie en tee.
Kom kuier lekker saam!
Hemelvaartdiens
‘n Hemelvaartdiens word op Donderdag 25 Mei om 18:30 vanuit ons gemeente aangebied.
Junior Kinderbediening
Die Kinderkamp vind hierdie naweek plaas. Skryf jou kind vandag nog in. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop nie!
Junior Juventas
Vir ALLE Laerskoolkinders!
Elke Donderdag vanaf 18:30 tot 20:00.
Kom kuier en speel saam terwyl ons meer van die Here leer.
Huis Betlehem is opsoek na Huisouers
Het jy ‘n passie vir die versorging van kinders? Beskik jy oor ‘n rybewys?
Meer besonderhede rakende die pos:
- Verkieslik ‘ n ouerpaar sonder afhanklike kinders met ‘ n bestuurslisensie.
- PDP
- Vorige ondervinding met kinders.
- Registrasie as jeug-en kinderwerker sal tot voordeel wees.
- Tussen 35 en 58 jaar met Christelike waardes.
Vir meer besonderhede kontak Mariaan Lourens by 079 490 5095 of stuur ‘n epos na betlehem@vodamail.co.za
Jy kan ook jou volledige CV stuur na bostaande epos adres.
Aansoeke sluit 18 Mei 2017
Piet Smit
Mpumalanga Frail Care bied aan…
Die geliefde Piet Smit!
Wanneer?: Vrydag 26 Mei om 10:00
Koste: Slegs R100 per persoon
Waar?: Hervormde Kerk, Belladonna Straat
Kaartjies beskikbaar by NG Suid Kerkkantoor.
Kan jy dalk help?
Ons is opsoek na werk vir ‘n blanke man (in sy 50’s) wat afgedank is a.g.v. personeelvermindering. Hy het lank as voorman vir ‘n konstruksiemaatskappy gewerk in Nelspruit. Het jy dalk, of ken jy dalk iemand wat vir die person ‘n werksgeleentheid kan aanbied?
Vir meer besonderhede kontak dr. Jean by 083 572 4886
Groete & seënwense,
Jean & Louis
Skielik iets onthou om te vra, te reël?
Kontak ons per epos:
Kerkkantoor, Jean, Louis.