Hierdie week se boodskap
Tema: In die kragveld van die Heilige Gees
Teks: Verskeie
Boodskap: Elkeen wat Jesus as Verlosser aanneem, ontvang die Heilige Gees. Die Gees kom woon met Sy volheid in jou. Die probleem is dat jy die Gees het, maar dat die Gees nie altyd die gelowige het nie. Die probleem is dat baie bekeerlinge dan steeds uit eie krag probeer leef. Die Gees is egter gestuur om ons te help dat God se doel met ons sal realiseer. In Joh. 20:22 lees ons dat Jesus oor die dissipels geblaas het en vir hulle gesê het: “ontvang die Gees”. Die Gees het in hulle gaan woon, maar die werking en krag van die Gees was nie in hulle lewens beskikbaar nie. Dis eers met die uitstorting van die Gees dat die belofte van Hand 1:8 realiseer in hulle lewe. Hulle is vervul met die Gees en dit het hulle lewens dramaties verander. Nou het hulle binne die kragveld van die Gees beweeg en was hulle kragtige instrumente in God se hande.
My vraag aan jou is of jy al die krag van die Gees ervaar het? Wil jy dit graag ervaar? Wil jy binne die kragveld van die Gees leef? Ek nooi jou om na die videoboodskap van Sondag se preek te kyk en meer te leer oor doop / vervulling met die Heilige Gees.
Gebed: Jesus dankie dat U die Gees gestuur het sodat ek nie uit eie krag hoef te leef nie. Amen
Vir volledige videoboodskap, klik hier
Knie-aksie
Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
-
Hugo Hamilton
-
Hannetjie & Fred Kinnear
-
Johan Grobler
-
Lidmate wat tans Covid het e nook vir die wat familie het wat tans Covid het.
Medelye
Medelye word betoon met:
- James en Belinda Potgieter na die heengaan van Belinda se moeder
- At en Hannelie Beslaar na die heengaan van hul skoonsuster.
- Johan en Melanie Van Rooyen na die heengaan van Melanie se moeder.
Kerrie & Rys Projek
Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit