Hierdie week se Boodskap

Tema: Liefde is nie grootpraterig of verwaand nie

Teks: 1 Kor. 13

Boodskap:

Jesus se liefde was nooit op Homself gerig nie. Dit was nooit selfsugtig of wêrelds nie. Jesus se liefde was God se liefde wat deur Hom gevloei het na ‘n wêreld wat dit broodnodig gehad het. In 2 Tim. 3:1-5 lees ons hoe die wêreld in die laaste dae daarna sal uitsien. Ewe skielik kom jy agter dat dit is ‘n beskrywing van hoe die wêreld vandag daarna uitsien. Dit word hoofsaaklik gekenmerk deur selfliefde en geen liefde vir God nie. Paulus kom skryf in 1 Kor. aan die gemeente dat hulle moet besef dat dit nie oor hulself gaan nie, alles gaan oor God. Die liefde wat hulle uitleef veroorsaak net onenigheid en afguns. Hy skryf spesifiek 1 Kor. 13 en spandeer ‘n hele hoofstuk om die praktiese implikasies van die liefde uit te wys. Hy stel dit duidelik dat indien liefde nie vervleg is binne jou doen en late nie dan help dit niks. Hoekom? Want jy moet eerstens in God gewortel en gegrondves wees en God is liefde. Daarom moet liefde soos ‘n goue draad deur jou lewe loop. As jy grootpraterig of verwaand is dan is Goddelike liefde nie by jou teenwoordig nie. Dan gaan dit net oor jouself. Paulus sê dat indien ons wil roem en grootpraat dan moet dit oor Christus gaan (vgl Gal. 6:14). Jesus het ook nie gesê: “Salig is die wat grootpraat of verwaand is nie”. Nee salig is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is.

Grootpraterigheid en verwaandheid stoot mense af en dis gegrond in selfliefde. God wil dat jy mense nader trek en nie afstoot nie. Jy moet deur die werking van die Heilige Gees Goddelike liefde uitleef en nie wêreldse liefde nie.

Gebed: Vader help my om weg te kyk van myself en toe te laat dat U liefde deur my vloei na die wêreld. Amen

 

Om na ‘n volledige klankbaan van hierdie preek te luister, KLIK HIER.

Preekopnames

Die gemeente beskik nou oor ‘n eie YouTube rekening wat dit moontlik maak om klankopnames van preke beskikbaar te stel.

Skakels na die onderskeie preke is op ons webblad beskikbaar.

Klik hier om na preke te luister

 

Manne, neem kennis: Daniël Mannekonferensie

Die aansoekvorm vir hierdie byeenkoms is beskikbaar op ons Tuisblad. Laai dit sommer nou af!

Datum: 12-14 April 2019
Waar: NG Nelspruit-Suid
Vir meer inligting: Ds Louis Pienaar 082 878 1743

 

Senior Lidmate Bediening

Senior Funksie 10 Maart 2019

Die Seniors het saam met die gemeente, Sondag na die erediens, heerlik gekuier met ‘n spesiale teedrink geleentheid. Baie dankie aan almal by die Seniorbediening se harde werk. Die tafels by KOFFIE@SUID het pragtig gelyk en die eetgoed was heerlik!

 

Senior Kuier 12 Maart

Senior Kuier Dinsdae oggende 10:00vm – Melinda van den Berg het ‘n voorlesing vir die dames gedoen. Die groep sal wel nie tydens skoolvakansie bymekaar kom nie maar hervat weer 2 April.