ma: Verhoudings wat hou
Teks: Efesiërs 5:1- 6:4
Ons leef in ‘n wêreld waarin verhoudings, in baie opsigte, meer kompleks geraak het, maar ook in baie opsigte meer oppervlakkig geraak.
Sosiale media het dit moontlik gemaak vir mense om in kontak met baie meer mense te wees as voorheen. Hierdie kontakte is nie werklik verhoudings nie en daar waar daar wel sprake van verhoudings is, is dit meestal baie oppervlakkig. Om werklike gesonde, diep verhoudings met mense te ontwikkel, moet jy tyd saam met hulle spandeer. Ons het elkeen net beperkte tyd, net 24 uur in ‘n dag.
Ongelukkig laat mense baie keer toe dat hierdie oppervlakkige verhoudings die plek inneem van gesonde, diep verhoudings. Hoe meer tyd jy op sosiale media spandeer aan oppervlakkige verhoudings met baie mense, hoe minder tyd het jy vir gesonde verhoudings met diegene die naaste aan jou.
Dis egter nie net sosiale media wat ons van tyd kom beroof nie. Daar is ook baie keer ander goed in ons oorvol programme wat maak dat ons nie genoeg tyd aan gesonde verhoudings spandeer nie.
Gesonde verhoudings is vir God baie belangrik.
Aan die begin sien ons God skep die mens om in verhoudings te leef.
En toe verhoudings vertroebel en beskadig geraak het weens sonde, was die herstel van die verhoudings so belangrik vir God gewees, dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus aarde toe gestuur het om die Golgota pad te stap sodat verhoudings herstel kon word. Dit het Jesus Sy lewe gekos om gesonde verhoudings weer moontlik te maak.
Vandag se teksgedeelte, is een van die dele in die Bybel, wat ons leer van belangrike beginsels waarop gesonde verhoudings gebou word.
Beginsels soos opregte liefde; verstandig op te tree; Christelike waardes as basis; volgens God se wil te leef; gebruik te maak van geleenthede en toe te laat dat God deel is van elke verhouding waarin ons staan, om maar ‘n paar te noem.
Alhoewel ons in verskillende soorte verhoudings staan, bly die basiese beginsels van gesonde verhoudings dieselfde. Kom ons elkeen dink weer mooi na oor hoe gesond die verhoudings is waarin jy is. Wat is daar wat jy dalk moet opoffer of anders moet doen, sodat jy gesonder verhoudings met die mense die naaste aan jou kan hê?
Gebed:
Dankie Jesus Christus dat U gesonde verhoudings weer vir ons moontlik gemaak het.
Heilige Gees help en lei my sodat ek in gesonde verhoudings kan leef. Amen
1. Aan watter ander beginsels kan jy ook aan dink wat help om gesonde verhoudings
te kan hê?
2. Wat alles maak dat mense se verhoudings ongesond en oppervlakkig is?
3. Op watter maniere probeer mense opmaak vir oppervlakkige verhoudings?
4. Lees 1 Korintiërs 13:4-7. Wat leer jy uit die gedeelte oor verhoudings?
5. Wat leer Efesiërs 6:5-9 ons oor ons verhoudinge by die werk/besigheid?
6. Lees Kolossense 3:18-21. Wat val jou op in hierdie gedeelte?
7. In Lukas 6:27-36 vind ons ‘n gedeelte wat nie altyd maklik is om na te kom nie.
Dink so bietjie na oor die toepassing van hierdie beginsels.
8. Jesus Christus was bereid om die Golgota pad te stap en Sy lewe af te lê sodat
gebroke verhoudings herstel kon word. Is daar iets wat jy dalk moet opoffer of
anders moet doen om in gesonder verhoudings te leef?
9. Watter verhoudings het jy nodig om aan te werk?
10. Wat kan jy doen om die verhoudings hier
11. Wat kan julle as gesin/familie doen om julle onderlinge verhoudings sterker en
gesonder te laat word?
Kyk na die videoboodskap ten einde jou verder te help met die onderwerp:
https://www.youtube.com/watch?v=sqaA-Ui74vA
Knie-aksie
Bid asb vir lidmate wat ongesteld is, herstel na operasies of tans in die hospitaal is:
Marie Pretorius
Homer Neethling
Magda Meyer
Mathys Bezuidenhout
Tienie Nel
Bid asb ook vir lidmate wat siek is.
Mag elkeen, elke dag die Here se Sorg en Liefde ervaar.
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit