Hierdie week se Boodskap
Tema: Vryheid en Lewe
Teks: 1 Joh 1:1-4
Boodskap: Die lewe is baie onvoorspelbaar en die lewe gaan een of ander tyd eindig. Die bekende soos jy dit nou ken, sal nie meer wees nie. Jou lewe op aarde stop een of ander tyd. Ons moet dus versigtig wees om nie vasgevang te verknog te raak aan hierdie wêreld nie. In 2 Kor 4:7 sê Paulus dat ons soos ‘n kleipot is wat maklik breek, maar hy gee ook hoop deur te sê dat ons hierdie besondere skat binne ons het. Wat is hierdie skat? Dit is die Vryheid en Lewe wat Jesus vir ons gee. Hierdie Vryheid en Lewe het verlore gegaan in die tuin van Eden toe die slang vir Adam en Eva mislei het. Dit is net deur Jesus wat ons weer hierdie Vryheid en Lewe kan terugkry. Die duiwel gaan jou aanval want my en jou stryd hier op aarde is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gee in die lug. Hy wil jou aanval. Hy wil sorg dat jy nie ware Vryheid en Lewe leef nie. Hy wil jou weerhou om die lewe wat God deur Jesus gee te leef. Dalk lees jy vandag hierdie gedeelte en besef jy dat Satan jou op een of ander manier gevange hou, dat hy jou Vryheid kom steel het en miskien ook jou Lewe. Onthou Jesus het gekom as Verlosser om jou te red uit jou hulpelose omstandighede. Lees Jes. 61:1-3 en Luk 4:16-21, asook Joh 10:10. Hy wil jou graag Vrymaak van die bande van Satan en jou ‘n lewe van oorvloed laat leef.
Gebed: Dankie Here Jesus dat U my belange op die hart dra. Kom maak my vry in U en herskep my lewe sodat dit die Lewe sal wees en word wat U vir my in gedagte het. Amen
Vir verdere studie kyk gerus na die volgende gedeeltes: Ps 103:15 / 2 Kor 4:7 / 2 Pet 2:16 / Joh 8:36 / Joh 14:6 / Joh 10:10 / 1 Pet 5:8 / Jes 61:1-3 / Luk 4:16-21 / Rom 8:2 / Jes 55:1-2 / Eseg 36:25-29
Luister gerus na die volledige boodskap deur op die skakel te klik: https://youtu.be/qtybbdgMYuw
Woelwaters Innibos
Dis weer amper tyd vir Woelwaters Innibos waar ons Voorskoolse- en Laerskoolkinders oppas op die Feesterrein. Woelwaters Innibosfees vind plaas 26-29 Junie 2019 op die Feesterrein, in H/S Bergvlam se skoolsaal.
Hierdie is ‘n geleentheid vir ons Tieners, Jongmense en selfs Volwassenis om uit te reik en ‘n verskil te maak in ons gemeenskap.
Ons benodig weer ‘n klompie hande om te kom help om na die kinders om te sien. (Jy ontvang ‘n gratis toegangskaartjie vir die dag waarop jy kom help.)
Indien jy eerder graag net ‘n donasie wil maak vir hierdie projek, is jy ook welkom.
Vir meer Inligting:
Ds Louis Pienaar
082 878 1743
Gemeentekamp!
20 – 22 September 2019 by Henk van Rooyen Oord, Marlothpark.
Kampeerkoste R150 per persoon vir die naweek.
Vir meer inligting/kampeer besprekings kontak:
Anel 0829095099 of
Veronica 0834196543.
Vir chalet besprekings kontak:
Lana by Henk van Rooyen 072 282 2256