Hierdie is die eerste Midweek vir die jaar 2022.. As leraars wens ons jou ‘n baie geseënde jaar toe!

Hierdie week se boodskap

 

Tema: Toegewyd aan God
Teks: 2 Kor. 6:14-7:1

Boodskap: 

Toewyding is nie iets waaroor ons altyd met mekaar praat nie, maar ons verwag dit van mekaar. Huwelikspare verwag dit, onderwysers van hul leerders en afrigters van hul atlete. God verwag ook dat ons toegewyd aan Hom sal lewe. Hoekom? Want Hy is ten volle toegewyd aan ons. Ons sien sy toewyding regdeur die Woord. Ons ervaar dit in ons lewens. God se genade, vergifnis en liefde is maar enkele aspekte wat vir ons iets van Sy toewyding aan die mensdom vertel. Sy grootste is sekerlik Sy menswording. Jesus se totale toewyding aan God tot en met die kruisiging.

Toewyding vereis dat iets heel eerste op jou prioriteitslys sal wees. Jou prioriteite bepaal jou eindbestemming. In ons teksgedeelte stel Paulus dit baie duidelik dat ons as gelowiges anders is as ongelowiges. Ons is aan God toegewy en mag daarom nie saam met ongelowiges aan dieselfde juk trek nie. Ons word aangespoor om God prioriteit nommer een te maak in ons lewens. Watter posisie neem God in op jou prioriteitslys? As jy sê Hy is nommer een, kan ander dit in jou lewe sien. Getuig jou dade van dit wat jy sê?Ek daag jou uit om Hom sommer nou prioriteit in jou lewe te maak. My gebed is dat dit jou lewe sal verander, want ek weet dit sal die uitkoms van jou jaar, 2022 verander.

Gebed: Here ek kies nou om U nommer een in my lewe te maak. Amen.

Vrae vir bepeinsing

  1. Wat sou jy sê beteken dit as iemand toegewyd is?
  2. Tot watter mate is jy toegewyd aan God?
  3. Hoe moet iemand se lewe lyk wat toegewyd is aan God?
  4. Watter verskil dink jy sal dit aan jou lewe maak as jy waarlik toegewys leef aan God?
  5. Lees 2 Kor. 6:14-7:1 aandagtig deur en kyk hoe die gedeelte jou kan help om toegewyd te leef.
  6. Dink na oor Jesus toewyding en die invloed daarvan op jou lewe
  7. Is daar aanpassings wat jy moet maak ten einde toegewyd te leef?

Vir volledige opname van die erediens, KLIK HIER

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, tans in die hospitaal is, die wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
  • Marietjie Craig
  • Helen Ellis
  • Anna Venter
  • Lititia Steyn
  • Pierre Coetzer
  • Pieter Briel se pa
  • Lidmate wat tans Covid het en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.

Medelye

Medelye word betoon met Christelle Jordaan en familie na die heengaan van haar ma

Program vir die week

 

 

 

Jeug

Nuwe Kerkraadslede

Charl Kotzé het grootgeword en skoolgegaan in Namakwaland – Kammieskroon en Vredendal onderskeidelik. Hy studier aan die Universiteit van Potcefstroom tot 1973. Charl is46 jaar getroud met Rene en het twee kinders: n Dogter en haar familie, wat 2 kleinkinders insluit, woon in Dubai, en ‘n Seun wat in Nelspruit is. Na universiteit was hy werksaam in die menslike hulpbronne beroep op die Wesrand tot en met 1982. Hierna verhuis hy na Wellington en werk by die Landelike Stigting (Stellenbosch) in landelike gemeenskapsontwikkeling. Hul verhuis in 2001 na Nelspruit a g v werk – tot en met aftrede in 2012. Sedertdien is hy werksaam as eiendomsagent hoofsaaklik by RE/MAX.
Charl sien daarna uit om die gemeente en sy mense beter te leer ken en hopelik van diens te wees.

Liezl Zietsman is getroud met Herman en het 2 seuns. Hulle woon reeds 13 jaar is Nelspruit. Sy het ‘n sagte plek vir mense in nood en kinders. Liezl was voorheen by die jeug betrokke. Sy hou van lees vir ontspanning wanneer daar tyd is.

 

Beste wense vir die res van die week!

    Vriendelike groete,
    Jean, Louis en Gerrit