Hierdie week se boodskap
Tema: Jesus kuier en eet by Simon die Fariseër se huis
Skriflesing: Lukas 7:36-50
Boodskap: Jesus het gereeld by mense aan huis gegaan en saam met hulle geëet. Dis opvallend dat veral die Fariseërs wat Hom met ‘n valkoog dopgehou het negatief gereageer het omdat Hy kwansuis met die verkeerde mense meng. Dit was van die begin van Jesus se bediening af die geval. Jesus wou daar wees vir alle mense. Hy wou God se hart bekendstel aan almal. Die Fariseërs was egter “hoogs heilige” Jode wat nie juis wou meng met ander nie. Hulle was in teendeel bang dat hulle onrein sou word. Toe Jesus by Simon die Fariseër gaan eet, het daar tydens die maaltyd ‘n onsedelike vrou opgedaag. Haar teenwoordigheid het almal, behalwe Jesus ongemaklik laat voel. Jesus het dit ook beskou as ‘n geleentheid om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Hy wou haar ook ‘n tweede kans op vergifnis en ‘n nuwe lewe bied. Dit was egter vir Simon en die ander wat by die ete teenwoordig was een te veel. Hoe kon Jesus toelaat dat die vrou aan Hom raak?
Dit is dan tydens hierdie ete wat Jesus vir Simon leer om verder te kyk as net sy eie religieuse oortuigings. Hy moet nie net God aanbid nie, maar ook God se opdrag ter hart neem om uit te reik na die stukkende wêreld. Hy moet ‘n verlengstuk word van God se genade en liefde.
Na al die jare is baie van ons steeds soos Simon, ons is geneig om eerder binne ons veilige ruimte te beweeg en net met sekere mense te meng. Godsdiens is mos ‘n baie private saak. Dis nie wat Jesus wil hê ons moet doen nie. Ons het nie die Heilige Gees ontvang om net die liefde van Jesus te ervaar nie, maar om ook uit te beweeg en die roeping wat Hy oor ons lewe het te gaan leef en verkondig. Jy het immers die Heilige Gees ontvang om jou te bemagtig vir jou rol as dissipel.
Vir ‘n volledige video boodskap oor die preek kan jy gerus dit gaan aflaai by: https://youtu.be/V6dnYPQey7k
Gebed: Here dankie dat ek die Heilige Gees ontvang het om diensbaar te wees in U Koninkryk. Amen
Klik hier om na die volledige boodskap te luister.
Knie-Aksie
Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
- Ria Lourens
- Marie Pretorius
- Annatjie Minnaar
- Louise Combrink
- Ciska Le Roux
- Phyllis Meyer
- Elize Steenkamp
Bid asb vir lidmate wat tans in die hospitaal is:
- Fanie Sholtz
- Deon ( familielid van Zelda en Vernon Paul )
Medelye
Meegevoel word betuig met Hannetjie Jordaan na die afsterwe van Bernie.