Hierdie week se boodskap
Tema: Nederigheid en Dankbaarheid
Teks: Psalm 23
Boodskap: Nederigheid is sekerlik een van die moeilikste eienskappe om te hê, veral in ‘n wêreld waarin ons leef. Almal is in kompetisie met mekaar. Die een wil beter wees as die ander een. Elkeen hou ook daarvan om komplimente te ontvang van ander af, maar die probleem is dat dit sommige mense hoogmoedig maak. God het natuurlik ‘n groot probleem met hoogmoed. Hy spreek dit direk aan in die Bybel. In die boek Spreuke word daar verskeie kere daarna verwys asook in die boek Daniël.
Ek en jy het eintlik niks om onsself op te beroem nie. Alles behoort aan God en alles wat ons ontvang kom van God af. Hy is die pottebakker en ons is die klei. Psalm 23 sê baie duidelik vir ons dat alles van God af kom. “Hy laat my…”, “Hy bring my…”, Hy gee my…”, U is by my…”, “U laat my by ‘n feesmaal aansit…”. Net om seker te maak dat ons alles mooi verstaan sê Dawid aan wie die eer toekom, “…tot die eer van sy Naam”
As ek en jy dink ons het alles self bereik, dan is daar nie ruimte vir dankbaarheid nie. Dankbaarheid is die vrug van ‘n nederige lewenswyse. Dit is daarom nodig om jouself weer ‘n slag eerlik te evalueer, om nie sukses kop toe te vat nie, om ander krediet te gee wat hulle toekom, maar sekerlik die belangrikste om te lewe aan die voet van die kruis. Hierdie praktiese beginsels bring om uit by dankbaarheid.
Gebed: Here hier staan ek voor U as nederige dienskneg en my hart is met dankbaarheid gevul vir die volgende wat ek uit U hand ontvang…
Vir volledige videoboodskap klik hier
Vir verdere nadenke
- Lees Joh. 3:30. Wat leer die gedeelte jou oor dankbaarheid?
- Hoekom dink jy is dit vir mense so moeilik om nederig te wees?
- Wat dink jy is die oorsaak van hoogmoed?
- Lees Psalm 23 deur en kyk met ‘n gesindheid van dankbaarheid na elke vers.
- Maak dit ‘n verskil om so na Psalm 23 te kon kyk?
- Lees Fil. 2:5vv en kyk wat sê die gedeelte oor die gesindheid van Jesus.
- Wat kan jy doen om met groter dankbaarheid te leef?
Knie-aksie
- Marietjie Craig
- Helen Ellis
- Joye Crous
- Juvé Geldenhuys
- Jan Liebenberg
- Aiden Theart
- Lidmate wat tans Covid het en ook vir die wat familie het wat tans Covid het.
Program vir die week
Woensdag 10 November
06:00 Broodbreek Kerkkantoor 013 744 1925
10:00 Bybelstudie Dr Jean Strydom 083 572 4886
18:00 Bybelstudie Dr Jean Strydom 083 572 4886
Donderdag 11 November
17:00 Grief Share Dr Jean Strydom 083 572 4886
18:00 Delf in die Woord Kerkkantoor 013 744 1925
19:00 Keingroep Ds Louis Pienaar 082 878 1743
Sondag 14 November
8:30 Erediens, Kleuter- en Kinderkerk & Jeugdiens
18:00 Kerssangdiens
Maandag 15 November
17:30 Kerkraadsvergadering
Dinsdag 16 November
10:00 Naomi (Senior) Kuier Susan Van Huyssteen 084 964 2847
18:00 Mannegroep Ds Louis Pienaar 082 878 1743
Beste wense vir die res van die week!
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit