Hierdie week se boodskap

In die kragveld van onverdunde egte toewyding

Teks: 1 Tim 4:7b

Boodskap: Ons is tans besig met ons Pinksterreeks onder leiding van ds. Marius de Beer. Hy gesels met ons oor die belangrike onderwerp van toewyding aan God. Volgens die Woord is dit belangrik om jou eerder toe te wy aan God as aan wêreldse dinge. Toewyding aan God beteken dat ek eg en eerlik voor Hom sal staan en sal toelaat dat Hy my sal verander deur die werking van die Heilige Gees. Toewyding aan God beteken dat ek Hom nommer een in my lewe sal maak. Voorts beteken dit dat ek moet toelaat dat Hy my Godsbegrip kom verander, want baie keer beperk my denke en persepsie oor God, Sy werking in my lewe. Ek moet toelaat dat God my denke kom vernuwe rondom wie en wat Hy is. Toewyding aan God beteken ook dat ek “ingeprop” sal wees by God, dat ek die keuse sal maak om gereeld by Sy voete te gaan sit en toe te laat dat Hy my lewe vorm. Jesus het ‘n gewoonte daarvan gemaak om daagliks tyd te maak om met Sy Vader in gesprek te tree. Toewyding vereis ‘n bepaalde ingesteldheid jeens God. Mag God jou ook begelei op ‘n pad van hernude toewyding deur die werking van die Heilige Gees.

Gaan volg gerus die skakels na al die videoboodskappe van hierdie week se Pinksterreeks (29 Mei tot 2 Junie).

Gebed: Vader ek kies om myself vandag en vir die res van my lewe, myself aan U te wy. Amen.

Volledige videoboodskappe:

  1. Sondag-oggend: https://www.youtube.com/watch?v=iewI38IoKBA&t=30s
  2. Sondag-aand: https://www.youtube.com/watch?v=dK7YLp8zTPw
  3. Maandag-aand: https://www.youtube.com/watch?v=BR4nlcODfjk
  4. Dinsdag-Donderdag: Gaan kyk gedurende die week vir die nuutste boodskappe

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat ongesteld is, herstel na operasies of tans in die hospitaal is:

Homer Neethling
Koos Verwey
Japie Olivier
Tobie Pretorius
 

Bid asb ook vir lidmate wat siek is. 

Program vir die week

Mag jy in hierdie Pinksterweek die Heilige Gees op ‘n spesiale manier ervaar.

Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit