Hierdie week se boodskap
Tema: Koninkrykswaardes: Genade
Skriflesing: Titus 3:3-9
Boodskap: Meeste Suid-Afrikaners geniet ‘n heerlike koppie koffie en beskuit. Dit is ‘n groot bederf vir meeste van ons. Sodra jy die beskuit in die koffie druk, verander die tekstuur daarvan. Dit word heerlik sag en is eetbaar. Ons kan die beeld ook gebruik vir vandag se boodskap. Indien ons sou sê dat die koffie God se genade binne die Koninkryk voorstel en ons is die beskuit, dan het jy deur die werking van die Heilige Gees soos die beskuit in die koffie gegaan en sag geword. Genade verander elkeen van ons. Dit het jou reeds verander. Paulus skryf in Ef. 2:8-10 en in ons teks Tit. 3:3-9 dat ons a.g.v. God se genade gered en verander is.
As Koninkrykskind is dit jou opdrag om die Koninkryk uit te brei. God wil dat jy dit deur dade van genade sal doen. Die genade wat jy uitleef moet mense nader trek aan die Koninkryk. Jou genade is anders as die van die wêreld. Dit is Goddelike genade wat deur jou werk, dit is Jesus genade en ook Heilige Gees geïnspireerde genade. Hierdie genade wat jy uitleef is genade waar God die eer kry en nie jy as die uitdeler daarvan nie. Dit moet mense heenwys na die koninkryk (koffie) sodat hulle ook verander kan word soos die beskuit verander het toe dit in aanraking met die koffie gekom het.
Vir jou om Goddelike genade uit te leef, sal van jou vra om naby God te leef, in afhanklikheid. As ons na Jesus kyk het Hy genade kom leef en vir ons iets daarvan kom leer deur middel van verskeie gelykenisse.
My gebed vir jou is dat jy die krag en die werking van die Heilige Gees sal ervaar om genade te versprei soos ‘n aangename geur en mense deur genade nader te bring aan die Koninkryk van God sodat hulle verander kan word in Koninkrykskinders.
Gebed: Vader dankie vir die genade wat ek reeds van U af ontvang het. Help my en bemagtig my deur die Heilige Gees om U genade in ‘n honger wêreld te gaan uitleef. Amen
Klik hier om na die volledige boodskap te luister.
Om na ‘n opname van hierdie boodskap (asook vorige boodskappe) te kyk, klik hier
Knie-Aksie
Bid asb vir lidmate wat tuis herstel na operasies, ook vir diegene wat steeds behandeling kry vir kanker en dan ook hulle wat tans ongesteld is.
- Ria Lourens
- Marie Pretorius
- Annatjie Minnaar
- Lulu Pelser
- Louise Combrink
- Ria Williams
Bid asb vir lidmate wat tans in die hospitaal is:
- Fanie Sholtz
- Ciska le Roux
Die Bybel As Gesaghebbende Bron – ’n Vergelykende Studie
Bestel gratis e-boek
Inligting wat elkeen behoort te weet.
Die skrywer bied ’n wonderlike, insiggewende reis vir die leser aan, terwyl hy die skepping van die mensdom, die Skeppergod, en ander gefundeerde Skrifwaarhede, soos bv. die Bybel en die wetenskap, verduidelik om sodoende die egtheid van die Bybel te bewys.
Stuur gerus u naam en eposadres aan chris.gotell@gmail.com
Hierdie betrokke boek sal gratis, sonder enige verpligting aan u gestuur word.
Publication also in english available.