Hierdie week se boodskap
Tema: Lewe
Boodskap:
Jy moes sekerlik ook al nagedink het oor die lewe. Wat is die sin van lewe? Hoe kan ek voluit lewe? Dalk het jy al nagedink oor wat is ware lewe. In Afrikaans het ons eintlik net een woord en dit is “Lewe”, maar in die Grieks is daar 3 woorde vir “Lewe” naamlik, bios, psuge en zoe.
Dit is baie belangrik as jy jou Bybel lees om die verskil tussen hierdie drie betekenisse van lewe te kan onderskei. Dit is egter nie so maklik as jy net met jou Afrikaanse vertaling werk nie. Vir Jesus was dit belangrik dat die mense die ware lewe, die “zoe-lewe” ontdek, maar vir dit om te gebeur is dit nodig dat jy eers in jouself sal sterf. Vir die sterf in jouself, die afsterf van die eie-ek gebruik die Bybel die woord “psuge-lewe”. Jesus sê dat Hy die ware “zoe-lewe” in Hom het en deur my eie ek af te sterf, die “psuge-lewe”, vind ek die ware lewe (zoe-lewe). Die lewe wat sin maak. Ek nooi jou uit om na die boodskap op You-Tube te kyk sodat jy hierdie lewensveranderende boodskap in diepte sal verstaan. Jesus sê nie verniet Hy is die lewende water en die brood van die lewe nie. Hy sê voorts dat Hy die weg en die waarheid en die lewe is.
Vrae om oor na te dink:
Kyk eers weer na die boodskap en dink dan na oor die volgende
1. Wat is volgens jou ware lewe?
2. Wat is vir jou belangrik in die lewe?
3. Hoe dink jy sien Jesus die lewe?
4. Hoekom sukkel mense om die “eie-ek” af te sterf?
5. Die volgende tekste is belangrik vir hierdie tema van lewe
a. Gen. 1:26 – Sien raak hoe God die mens skep as verteenwoordiger, volledig na Sy beeld (Dit sluit bios, psuge en zoe-lewe in)
b. Gen. 3 – die mens verloor die zoe-lewe as gevolg van sonde
c. Gen 5:1, 3 – Die mens wat gebore word sonder die zoe-lewe en die zoe-lewe is dan te vind in Jesus Christus
d. Matt 16:24-24 – In die teks wys dit dat jou psuge-lewe moet sterf
e. Joh 10:17-18 – Jesus verwag van ons om ons psuge lewe af te sterf en Hy doen dit self ook
f. Joh 3:16 – Hier word lewe vertaal met die zoe-lewe
g. Joh 10:10 – Hier word lewe ook vertaal met zoe-lewe
h. Joh 1:4-5 – Die zoe-lewe is in Jesus
Vir volledige videoboodskap, klik hier https://www.youtube.com/watch?v=wJCtogcfbuw
Knie-aksie
Bid asb vir lidmate wat ongesteld is, herstel na operasies of tans in die hospitaal is:
Johvan De Lange
Bid asb ook vir lidmate wat siek is.
Program vir die week
|
Die Vleisfees benodig nog lidmate se hulp en skenkings. Raak betrokke en kom deel in die opgewondenheid van dié feesdag. Merk asb alle inbetalings duidelik as Vleisfees.
Mag elkeen God se Liefde elke dag ervaar.
Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit