Beloftes vir spesifieke situasies: God hou sy beloftes – “God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie waar maak nie? ” (Num.23:19). Heb.10:23; Jes.46:11; Ps.89:34-35; Jes.30:18.

God luister na ons gebede – “Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen ” (1 Pet.3:12). Ps.34:18; 1 Joh.5:14; 2 Kron.16:9; Ps.4:4; Ps.102:18.

God antwoord ons gebede – “Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor” (Jes.65:24). Jer.33:3; Mark.11:24; Joh.16:24; Joh.15:7; Jes.58:9; Ef.3:20; Matt.7:7-8.

Beloftes oor verlossing – “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word ” (Joh.3:17). Rom.10:9-10; 10:13; Ef.2:8-9; 1 Tim.2:3-4; Heb.6:18.

Beloftes oor nuwe lewe – “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2Kor. 5:17). Joh.10:10, 1 Pet.2:24; Gal.2:20, Rom.6:4; 1 Joh.3:9; 2 Kor.3:18; Eseg.36:26.

Beloftes oor vryheid – “En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak… as die Seun julle vry maak sal julle waarlik vry wees” (Joh.8:32,36). Rom.6:14, 22; 1 Rom.8:1-2; 2 Kor.3:17; Hand.13:38.

Beloftes oor vergifnis – “Maar as ons ons sondes bely -Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh.1:9). Ps.32:1-2; Jes.43:25; Ps.103:12; 1 Joh.2:12; Ef 1:7; Rom.8:33.

Beloftes oor regverdigmaking – “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor.5:21). Rom.8:10; 1 Kor.1:30; Rom.3:21-22; Rom.4:4-5; Rom.5:17.

Beloftes oor die Heilige Gees – “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie gawes te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra” (Luk.11: 13). Jes.44:3; Joh.14:16-17; Joh.16:7; Hand.1:8- Hand.2:38-39; Gal.4:6; Gal.3:14; 1 Joh.4-.13; Matt.3:11; Eseg.36:27; Ef.1:13.

Beloftes oor geloof in God – “God het aan elkeen ‘n maat van geloof toebedeel ” (Rom.12:3). Ef.2:8; Heb.11:6; Jak.1:3; 1 Pet.1:7; Rom.1:17, 1 Joh.5:4; Mark.9:23; Ef.6:16; Joh.20:29; Matt.21:21-22;1 Joh.16:24.

Beloftes oor die Woord – “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk ” (2 Tim.3:16-17). 1 Pet.1:25; Jes.40:8; Matt.4:4; Deut.29:29; Jos.1:8; Jes.55:11; Heb.4:12.

Beloftes oor verlossing van die Bose – “Die Here is getrou: Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar” (2 Tess. 3:3). 2 Tim.4:18; Kol.1:13; Kol.2:15, 1 Joh.5:18; Rom.8:38-39; Ps .91:9-13; Heb.2:14-15.

Beloftes oor Sy teenwoordigheid – “En onthou: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld ” (Matt.28:20). Jes.43:5, Jak.4:8, Joh.14:15-16, Matt.18:20; Ps.23:4; Heb.13.5.

Beloftes oor geestelike groei – “Ek is veral daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end uit sal voer en dit sal voleinding op die dag wanneer Christus Jesus kom” (Fil.1:6). Joh.17:18-19; 2 Pet.1:3-4; 2 Kor.3:18; 1 Kor.1:8; Ef.3:17-19; Fil.1:9-10.

Beloftes oor geestelike gawes – “As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek hy dit nooit weer terug nie ” (Rom.11:29). Rom.12:5-8.

Beloftes i.v.m. die waarheid – “Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig” (Joh.15:26). Joh.8:31-32; Joh.16:3; Ef 5:9.

Beloftes oor God se liefde – “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was ” (Rom.5:8). Jer.31:3; Jes.54:10; 1 Joh.4:9-10; Joh.15:9; 1 Joh.3:1.

 Beloftes oor vreugde/blydskap – “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.” (Joh.15:11). Ps.16:11; Rom.14:17. Jes.55:12; Jes.35:10.

Beloftes oor die vrede van God “Oor ons oortredinge is Hy deurboor, oor ons sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom ” (Jes.53:5). Joh.14:27; Rom.5:1; Fil.4:7; Rom.5:22

Beloftes oor die hoop van die Christen – “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees” (Rom.15:4). Kol.1:27; 1 Pet.1:3; Heb.6:18-19; Rom.5:2; Rom.15:13.

Beloftes oor die ewige lewe – “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê ” (Joh.3:16). 1 Joh.2:25; Rom.6:23; Joh.10:27-28; Joh.5:24; 1 Joh.5:11-13.

Beloftes oor die wederkoms van Jesus – “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:2-3). Joh.14:28; Hand.1:11; 1 Tess.4:16-17; Kol.3:4; Heb.9:28; Op.1:7.

Beloftes oor die hemel – “En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly en hulle sal sy volke wees, en God sal self by hulle wees as hulle God” (Op. 21:2-3). 1 Pet.1:4-5; 2 Pet.1:10-1 l; 2 Pet.3:13; Luk.23:43.

God sal vir ons krag gee – “Hy gee die vermoeides krag en versterk die wat nie meer kan nie” (Jes.40:29). Ps.29:1 1; Jes.26:4; Neh.8:10; Ef.6:10; Fil.4:13; Jes.58:11.

Ons kan op God vertrou – “Moenie bang wees dat ‘n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik beland nie” (Spr.3:25-26). Spr.14:26; Jes.30:15; 1 Joh.3:21-22; 1 Joh.5:14-15.

God skenk wysheid – “Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap” (Pred.2:26). Spr.2:6-7; Spr.9:10; Job 12:13; Dan.2:20-22; 1 Kor.1:30; Jak.1:5.

Die Here sal ons onderrig – “Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, Hy laat aan hulpeloses reg geskied, en Hy leer hulle sy pad ” (Ps.25:8-9). Ps.25:12-14; Ps.32:8; 2 Tim.3:16-17; Spr.15:33.

Die Here wil aan ons leiding gee – “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs” (Jes.30:21). Ps.48:15; Ps.23:1, 3; Ps.139:9-10.

Die Here sal ons pad voorspoedig maak – ” Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak” (Spr.3:5-6, OV) . Jos.1:8; 2 Kron.20:20; Spr.16:3; 2 Kor.3:5b; 1 Kron.22:12-13.

Beloftes oor God se vertroosting – “Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word” (Matt.5:4). 2 Kor.1:3-4; 2 Tess.2:16-17; Jes.49:13; Joh.14:18.

God gee aan ons die begeertes van ons hart – “Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor

as hulle om hulp roep, en Hy red hulle” (Ps.145:19). Ps.21:3; Spr.10:24; Ps.103:4-5; Mark.11:24.

Beloftes oor die gesin van die gelowige – “Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is ” (Spr.3:33). Spr.12:7; Deut.12:28; Jes.54:13; Ps.112:1-3; Spr.22:6; Ps.128:1,3; Deut.4:40; Ef.6:2-3.

Beloftes oor gesondheid en genesing “Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jes.53:5c). Jer.30:17; Deut.7:12, 15; Ps.91:5-6, 10; 3 Joh.1:2; Jer.33:6; Eks.15:25-26; Ps.103:3; Mal.4:2; 1 Pet.2:24; Jak.5:13-14, 16; Matt.8:16-17.

Beloftes oor veiligheid en beskerming – “Die Naam van die Here is ‘n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling ” (Spr.18:10). 1 Sam.2:9; Ps.125:1-2; Ps.91:3-4, 11-12; Ps.34:19-20; Ps.121:1-8; Spr.29:25.

Beloftes oor fisiese behoeftes – “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus” (Fil.4:19). Matt.6:25-26, 31-33; Deut.28:1, 11, 12; Luk.12:30-3 l; Deut.29:9; Ps.111:5; Jes.1:19; Sag.10:1; Lev.26:3-5.

Beloftes vir die wat bang is en twyfel – “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God, Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou” (Jes.41:10). Jes.41:13; Jes.43:1; 2 Tim.1:7; Luk.12:6-7, 1 Joh.4:18; Rom.4:21; Ps.112:7; Jes.58:9.

Beloftes vir tye van depressie – “Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God!” (Ps.43:5). Ps.73:26; Ps.37:23-24; Ps.34:6; Jes.49:15; Heb.13:5.

Beloftes in tye van neerlaag, mislukking, hulpeloosheid – “Julle moenie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My ” (Joh.14:1). Jes.61:1-3; Ps.147:3; Rom.8:28; Jes.41:13; 2 Kor.12:9; Rom.8:26; Heb.13:6; 1 Joh.4:4.

Beloftes in tye van bekommernis – “As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges… Moet julle dus nie oor môre bekommer nie ” (Matt.6:30, 34). Fil.4:6-7; Luk.12:25-26; 1 Pet.5:6-7; Ps.55:2-3; Ps.146:7-9; Gal.5:1; Matt.11:28-30.

Beloftes in tye van versoeking en demoniese aanvalle – “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Kor.10:13). 2 Pet.2:7-9; Heb.4:14-16; 1 Tess.5:22-24; Jak.4:7; Gal.1:3-4; Rom.16:20; Joh.16:33; 1 Joh.4:4.

Beloftes in lyding en swaarkry en aanvalle van mense – “Maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom ” (Ps.37:39-40). Jak.1:12; Rom.5:3; 1 Pet.1:4-7; Jer.15:21; Ps.27:1-2; 1 Pet.3:9; Rom.8:31; Eks.14:13-14; Matt.5:10-12; Luk.21:12-15; Op.2:10.

God gee aan ons krag vir Sy diens – “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige ” (Sag.4:6). Hand.1:8; Jes.40:31; Ef.6:13; Fil.2:13; Ef.3:16; Kol.1:11.

Beloftes oor finansies en materiële voorsiening – “Kyk na die kraaie: hulle oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls” (Luk.12:24) . Fil.4:19; Luk.11:9; Ps.84:12; Matt.6:32; Ps.37:3, 25; Luk.12:30-31; Luk.6:38. Hierdie is maar enkele beloftes uit die Skrif, daar is letterlik duisende meer. Ons moet leer om vanuit die beloftes van die Here te begin leef.