Hierdie week se boodskap

Tema: Paasfees 2022

 

Teks: Markus 15:21 – 16:8

Wat is so goed aan ‘Goeie Vrydag’? Op voetsool vlak daar by die kruis lyk dit nie so goed nie. ‘n Man, ‘n onskuldige man, vasgespyker aan ‘n kruis – die mees grusaamste instrument van marteling en dood. Dis die toppunt van skande vir enige iemand om kaal, gebroke en verag aan ‘n kruis te hang. Dit lyk sleg. Die lyk soos ‘n nederlaag. ‘n Mislukking.

Jesus sê vir ons, daar is ‘n prys te betaal vir al die sonde en gebrokenheid, maar Jesus het self daardie rekening vereffen. Hy het gesterf vir jou. En enige iemand wat na Hom toe kom, word nie veroordeel nie, hulle kry nie wat hulle verdien nie, eerder hulle kry die ewige lewe. Julle leef as oorwinnaars saam met Jesus.

Ons weet dit is ‘n goeie dag, want ons weet aan die kruis, in sy dood het Jesus die oorwinning behaal. Ons sal nooit vandag verstaan nie, nooit vir Jesus verstaan nie, tensy ons nie die kruis verstaan nie.

As Goeie Vrydag, dan goed is , dan is Paassondag seker die beste dag want met Paassondag is Jesus se oorwinning oor die dood bevestig! Was dit nie vir Jesus se oorwinning oor die sonde, dood, hel en graf in die opstanding nie, sou ons geen hoop gehad vir ‘n ewige lewe nie.

Jesus is die opgestane Redder en redding kom deur in Hom te glo. Dit is die hart van die Christelike geloof dat Jesus sterker was as die laaste vyand. Hy kon eiehandig die dood se greep na drie dae afskud en lewendig anderkant uitstap. Die leë graf is ons grootste troos. Dit is ons hoop in hierdie troostelose wêreld. Sonder die opstanding kan ons nie bestaan of aangaan met ons lewe nie.

Baie van ons sien die dood as ‘n uiteindelike tragedie, maar Jesus het die oorwinning behaal oor die dood. Jesus het gely, gesterf, maar dit was nie die einde van die storie nie. Die tragedie was getransformeer in nuwe lewe. Jesus, het die vernedering, die pyn en die dood aan die kruis verduur, sodat ons kan lewe en opstaan in God se toekoms. Dikwels word ons lewens gekonfronteer met onsekerheid. Die waarheid is, dat niemand van ons is immuun tot vrees en onsekerheid nie, dit is altyd teenwoordig. Maar daar is ‘n ander ewig, teenwoordige waarheid wat Paasfees vir ons bring. En dit is ‘n eenvoudige een, die deur tot die opgestane Here is altyd oop.

Omdat Jesus die dood oorwin het, is die deur altyd oop vir ons. Die deur is oop. Die vraag is, gaan jy die uitnodiging aanvaar en ingaan? Op. 3:20 – “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” Die uitnodiging is daar vir elkeen van ons, om die deur van ons harte oop te maak en om die opgestane Here in te nooi in ons lewens.

Vir volledige videoboodskap, klik hier

Knie-aksie

Bid asb vir lidmate wat ongesteld is, herstel na operasies of tans in die hospitaal is:

Homer Neethling
 

Bid asb ook vir lidmate wat siek is.

Medelye word betoon met Irene Hanekom en familie na die heengaan van haar eggenoot Mauritz.

 

Program vir die week

Mag elkeen in hierdie week God se Teenwoordigheid en Liefde elke dag ervaar.

Vriendelike groete,
Jean, Louis en Gerrit