25 Julie 2018


Hierdie week se boodskap

Tema: God se beloftes

Teks: Verskeie

Boodskap: Ons maak baie keer beloftes, maar soms breek ons ook beloftes. As dit gebeur voel ons ongelukkig, hartseer of self teleurgesteld. Soms voel ons skuldig indien ons nie ‘n belofte kon nakom nie. Die Bybel is God se Woord aan ons en daarin is al God se beloftes vir ons vervat. Daar is honderde beloftes in God se Woord waarop jy kan reken. Die belangrikste is om te weet dat God nooit van Sy kant af ‘n belofte verbreek nie. Volgens 2 Tim 2:13 staan daar dat as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie. Na al die duisende jare is die belofte van die reënboog steeds waar.

Gaan lees gerus elders op ons webblad (http://ngnelspruitsuid.co.za/god-se-beloftes/) om meer te leer oor God se beloftes in Sy Woord.

Bestudeer dit en maak dit jou eie.

Gebed: Here baie dankie dat U altyd getrou is en dankie dat U beloftes daar is vir ons. Amen


 

Erediens: Sondag (29 Julie)

Ons begin met die nuwe reeks “Ek Beleef“.

Boekies is by die kerkkrantoor of Sondag by die kerk beskikbaar @ R10 elk.


 


 


 

Seniorbediening

Dinsdae-kuier

Ons herinner alle seniors van alle ouderdomme om deel te word van die Dinsdagoggende kuier wat om 10:00 by die kerk plaasvind. Ons brei, hekel, maak mooi goedjies en kuier heerlik saam. Ons kan ook reël vir vervoer as u nie self tot by die kerk kan kom nie.

Kom kuier, kom ruil resepte en patrone uit, kom met idees en baie geesdrif!

Verjaarsdae

Tannie Babs Vermeulen het op 24 Julie 96 jaar oud geword. Sy is pragtig, familievas en haar positiwiteit is aansteeklik.

 

 

 

 

 

 

 

Indien u wil betrokke raak by die seniorbediening, kontak Susan van Huyssteen by 084 964 2847.

Gemeentebediening

Sondagoggend het die gemeentebediening hulle belofte nagekom deur die nuwe kwartaal af te skop met verversings saam met die tee/koffie by Koffie@Suid.


Kom kuier saam Sondae na die oggenddiens!

Indien u wil betrokke raak by die teeskink of gemeentebediening se aktiwiteite skakel vir Belinda by 083 635 5480.


 

Gemeentekamp


 

Jeugbediening

Ons bring graag die volgende onder jou aandag:

Groete & seënwense,

Jean & Louis


Skielik iets onthou om te vra, te reël?

Kontak ons per epos:

Kerkkantoor, Jean, Louis.