23 Augustus 2017


Boodskap vir die week

Teks: Rigters 6

Tema: Wie, ek?

Boodskap: Rigters 6:1 skets die omstandighede waarin die Israeliete hulself bevind het. Hulle het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en daarom het die Here hulle oorgegee in die mag van die Medianiete. Hierdie volk het die Israeliete veral tydens oestyd aangeval en alles wat voorkom vernietig (6:2-5). Na ‘n tyd het die volk by God om hulp gaan soek en dis toe Gideon se verhaal na vore kom.

Die probleem was dat die volk God nie meer nommer een in hulle lewe gemaak het nie aangesien hulle ander afgode aanbid het. Dit ten spyte daarvan dat Hy hulle verskeie kere gehelp en op besondere maniere versorg het (6:7-10).

Die mooi van die verhaal is dat Gideon ‘n bang man was, want hy slaan koring uit in ‘n parskuip. Toe die Engel van die Here hom groet was daar baie potensiaal in daardie woorde opgesluit. Die Engel groet hom as “dapper man”. Dis glad nie hoe Gideon homself gesien het nie. Tog sien God al hierdie potensiaal.

Soms leef ons ook glad nie dit wat God oor ons droom nie. God sien ook meer in ons as wat onsself raaksien. Die geheim om God se droom vir jou te ontdek is om naby Hom en in geloof te wandel. Geloof is ‘n proses waarin jy ook word wat God vir jou in gedagte het. Die Here het 2x vir Gideon gesê dat Hy by hom is. In jou geloofsreis om jou volle potensiaal uit te leef sê die Here vir jou ook dat Hy by jou is.

Vat vandag Sy hand en stap in geloof sodat jy kan word wat Hy vir jou in gedagte het.

Gebed: Here, ek plaas vandag my hand in U hand sodat ek die geloofspad kan stap wat U vir my in gedagte het. Amen.

Eredienste

Sondag 27 Augustus

  • 08:30 – Oggenddiens
  • 18:00 – Koinonia byeenkoms

Gemeente-ete: Wat ‘n lekkerte!

Wat ‘n wonderlike geleentheid was dit nie!  Baie dankie aan elkeen wat die ete bygewoon het; ‘n spesiale dank aan almal wat agter die skerms hard gewerk het om van die geleentheid ‘n reuse sukses te maak!

Hiermee ‘n paar “kiekies” van die gesellige samesyn.

 

Vetkoekverkoping

Op Vrydag 25 Augustus verkoop ons heerlike vetkoek en maalvleis / konfyt of net gewone vetkoeke by die kerk. Dit vorm deel van ons jaarlikse fondsinsameling. Moenie hierdie heerlike groot vetkoek met maalvleis misloop nie.

Die bestelvorm kan afgelaai word of by die kerkkantoor afgehaal word.

Klik hier om die bestelvorm af te laai

Jy kan dat almal by jou werksplek bestel en epos dan die vorm vir ons na die adres bo aan die vorm.

Sluitingsdatum vir bestelings was reeds gister,Dinsdag 22 Augustus, maar as jy gou spring kan jy tot en met vanoggend 10:00 gou nog ‘n bestelling plaas.

Omgeegroepe

Wil jy graag inskakel by ‘n omgeegroep?
Stel jy belang om jou eie omgeegroep te begin?
Skakel vir Martie Scholtz (081 457 5860) of Dr. Jean (083 572 4886)

Ons wil graag nuwe omgeegroepleiers oplei. Die volgende opleidingsdatums is beskikbaar:

  • Do. 7 Sept 18:00-20:00
  • Do. 14 Sept 18:00-20:00

Venue: Koinonia Sentrum (skakel Dr. Jean 083 572 4886 vir bespreking)

 

Senior Jeugbediening

Bybelskool selgroep:  Woensdae 18:00 – 19:00 in die Lapa vir al ons senior jeug.

 

Gemeentekamp 8-10 September

Die kamp vind hierdie jaar weer by Mankele plaas. Die gemeentekamp is vir almal – oud en jonk. ‘n Geleentheid wat u beslis nie moet mis nie!

As jy belangstel kontak vir Belinda by 0836355480 of stuur ‘n e-pos na bpotgieter@mweb.co.za vir verdere inligting.

Die lidmate wat nie wil kamp nie maar in die huisies wil bly moet self met Mankele reël by 0788010453.

Kom kamp saam!

 

Geloofsoffer*

Waar staan ons nou?

Vriendelike versoek t.o.v. geloofsoffer:

Inbetalings t.o.v die geloofsoffer moet asseblief gespesifiseer word sodat dit korrek geallokeer kan word.

*   Sien ons berig Van Vleisfees tot Geloofsreis hier: http://ngnelspruitsuid.co.za/midweek-28-junie-2017/

 

Groete & seënwense,

Jean & Louis


Skielik iets onthou om te vra, te reël?

Kontak ons per epos:

Kerkkantoor, Jean, Louis.